Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 38192 resensies.
"Het net een aand spandeer, maar sal graag wil teruggaan en meer tyd spandeer. Het by nabygeleë Muisboskerm geëet en het dit baie geniet."
"Wat 'n verrassing was die dorpie se knus klein teater wat gereeld opvoerings aanbied. Mag Die Koelkamers vir altyd en altyd voortgaan met hierdie weelde."
"Dis uniek om te sien, maar oorslaap is definitief genoeg. Sal nie meer as 1 dag daar spandeer nie - te min om te doen vir my persoonlik."
"Ek het nog altyd Mosselbaai en omgewing geniet. Dis baie sentraal geleë en daar is heelwat om te doen en plekke om te besoek, ook lekker restaurante."
"Pragtige, klein dorpie en 'n goeie basis om die omliggende area te verken. Niks is te ver nie. Riebeek-Kasteel is ook pragtig en as jy niks verder wil ry nie, is daar genoeg om te doen. Die restaurante in die dorp bied ook meer as genoeg opsies."
"Klein dorpie met fantastiese mense wat nie gejaag word deur tyd nie."
"Soos altyd lekker plek om te kuier. Bly om te sien paaie word verbreed, sal baie van die verkeer help vloei."
"Lambertsbaai as 'n klein dorpie is uniek op sy eie en bied sy eie goed aan. Beslis 'n paar goeie eetplekke ook."