Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Carnarvon

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Carnarvon bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 215 resensies.

Carnarvon

Kalahari Lodge

"Nie iets om regtig te sien nie, behalwe die museum en dan die SK. Nie tyd gehad om dit te gaan besoek nie. Dorp baie skoon afgesien van die grond strate. Koop maar vroegtydig brood oor 'n naweek in 'n ander dorp indien jy laat in Carnavon kom. Darem 'n kiosk oop gekry en 'n knoffelbrood wat in die vrieskas was gekoop. Baie lekker."

Carnarvon

Sandrivier Gasteplaas

"Lekker Karoo-dorpie met baie vriendelike mense."

Carnarvon

Die Meerkat

"Indien jy op ‘n Sontag en laatmiddag opdaag, maak maar voorsiening vir etes. Daar is net een restaurant wat moontlik sal oop week indien jy voor 19.00 opdaag, anders mag jy dalk ‘n probleem hê."

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"We attended a ladies morning, and met only wonderful people from the town. Will definitely return."

Carnarvon

Joosteswerwe Guest Farm

"Carnarvon town itself was tiny. Not much to see or do you basically go into town for basic things you need."

Carnarvon

Sandrivier Gasteplaas

"Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!"

Carnarvon

Kalahari Lodge

"Baie oulike dorpie."

Carnarvon

Joosteswerwe Guest Farm

"Plase word aanbeveel vir rustige natuur wegbreek."

Carnarvon

Die Meerkat

"Lekker restaurant langs hotel. Kos uit die boonste rakke en diens wat jy in top restaurant verwag. Die kelnerin se absolute professionele diens was tops. Pryse baie billik."

Carnarvon

Kalahari Lodge

"Skoon en netjies."

Carnarvon

Zeekoegat Country House

"Ry 'n 4x4 in die omgewing!"

Carnarvon

Joosteswerwe Guest Farm

"Carnarvon self het nie genoeg om te doen nie. Die plaas het vir my meer gehad, en die boere van die hoofplaas het meer om te doen beskikbaar as Carnarvon. Die museum en sy mensies was baie vriendelik en vol inligting en geskiedenis. Dit is mooi gedoen. Lekker geëet by Mams Foods Restaurant. Die ander eetplekke was toe, maar ek glo daar is planne vir Carnarvon. Ek het darem familiegeskiedenis in Carnarvon, so dit het trippies na Carnarvon interessant gemaak."

Carnarvon

Sandrivier Gasteplaas

"Really just travelling through so no time to explore, but very beautiful area."

Carnarvon

Kalahari Lodge

"Mooi klein dorpie in die Karoo. Ons het net deurgery so het nie die plek verken nie."

Carnarvon

Maritza Guest House

"Hotel restaurant is pragtig en bedien die heerlikste kos."

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"Hierdie plek laat jou soos 'n koning voel. Ontvangs en diens is uitstekend. Heerlike aandete by die restaurant geniet en ontbyt by die gastehuis. Baie dankie Pieter. Sal beslis weer volgende keer daar oorbly."

Carnarvon

Kalahari Lodge

"Dit wat ons gesien het was maar deurmekaar en vuil. Restaurant maak eers 17:00 oop en pryse is belaglik. (Restaurant is nie deel van gastehuis nie.)"

Carnarvon

Osfontein Antieke Klip Guesthouses and Treehouse

"Dis nie spesiaal nie, jy kom vir die rustigheid van die Karoo."

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"Goeie oorslaapplek deur die unieke Karoo."

Carnarvon

Maritza Guest House

"Daai eetplek met Karoo-geregte!"

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"Nie 'n dorp om lank te vertoef nie, maar dit was 'n aangename ervaring om die Noord-Kaap te verken."

Carnarvon

Joosteswerwe Guest Farm

"Hulle Spar is toe op 'n Sondag. Moet dus nie beplan om inkopies te doen nie!"

Carnarvon

Maritza Guest House

"Die dorp is oulik en klein baie vriendelike mense en gasvryheid en respekvolle mense."

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"Ons dink dit het groot potensiaal, maar nie soos dit nou is nie."

Carnarvon

Sandrivier Gasteplaas

"Ons was te kort in Carnarrvon om 'n regverdige opinie uit te spreek, maar die dorp en omgewing lyk pragtig."

Carnarvon

Lord Carnarvon Guesthouse

"Die dorp self bied nie so baie soos die ander 2 nie, maar die omgewing is mooi en daar is die nuwe Meerkatprojek en ons is lief vir voëls kyk en is ryklik beloon met 3 Witkruisarende Geelbekeende, Kopereende Rooipoot Elsies ens."

Carnarvon

Maritza Guest House

"Die plaaslike owereheid moet kyk na die infrastruktuur, want Carnavon het baie om aan 'n besoeker te bied. Veral die Blikkies Bar & Grill was 'n groot aantrekkingskrag. "

Carnarvon

Sandrivier Gasteplaas

"Stop gerus by Carnarvon of nog beter, slaap daar oor. "

Carnarvon

Maritza Guest House

"Ons reis al vir jare deur Carnarvon en is ons halfweg stasie vanaf die Rand, baie lekker stil plekkie."

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 180
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang