Geverifieerde Resensie
Carnarvon
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Carnarvon bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 215 resensies.
"Carnarvon is gerieflik vir oornag as mens nie te ver daagliks wil ry nie. Ek sou dit nie noodwendig 'n toeristebestemming noem nie aangesien daar nie te veel is om te sien en doen nie."
"Mooi Karoo dorpie, maar bietjie warm vir my vir vakansie hou."
"Mooi plek, naweke is alles ongelukig vroeg toe, kinders pla bietjie by winkels deur te bedel."
"Ek dink elkeen moet minstens een maal in Carnarvon en area oorbly om die ongelooflike gasvryheid van hierdie mense te ervaar. Daar is iets aan die stilte en die sterrehemel wat met jou siel praat. Volgende keer bly ek minstens vier nagte."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"Mooi ou plekkie, bly net weg van die onbevoegde Spar wat nie vir jou kos kan verkoop wat jy wil hê nie want dis nie op die rekenaar nie. Belaglik, ek wou een gewone Russian en een kaas Russian hê maar ek moet leë hande uitloop en kos op ander plek gaan koop."
"Reisigers word aangemoedig om die klein dorpe te besoek. Dit sal die dorpe finansieel ondersteun en boonop sal die dorpe verken kan word teen baie billike pryse."
"Te veel werkloses slenter na 17:00 in die strate rond. Sou graag die dorp te voet wou verken, maar voel nie veilig."
"Die dorpie het sy normale beperkinge as 'n klein Karoo-dorpie, maar ons was baie verras met hoe skoon die dorp was en die ongelooflike goeie Lord's Kitchen restaurant, wat regtig baie hoë standaard kos en Karoo-lam disse het!"
"Moeilik om kommentaar te lewer. My kar het probleme gegee en het ons letterlik net oorgeslaap. "
"Lieflik daar. Dorpie is ook oulik. Love die huisies en ou geboue. Die kos by Lords Kitchen is heerlik."
"Despite good attempts to restore some of the historical buildings, there's sadness and neglect in the town that's almost indescribable, as if it's been cut off from the rest of the world and hope has gone."
"Ons het baie lekker gebly in Carnarvon en verskriklik lekker geëet by Lord's Kitchen."
"Nie veel om te doen nie. Baie sprake van SKA, maar niks om te sien nie. Die museum is skoon en netjies in 'n pragtige ou saal."
"A small town with plenty of history, that is worth a visit. The museum is staffed by very friendly people!"
"Behalwe vir die teleskope is daar maar min te doen by Carnarvon. The Lord's Kitchen het wel baie lekker kos."
"Pragtige, redelik netjiese dorpie met baie geskiedkundige huisies. Baie mooi om daar rond te ry en foto's te neem. "