Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 422 reviews.
"Ons het vanaf Merweville na Sutherland met die R356 (grondpad en vele hekke) gery. Dis aan te beveel. Ons het met 'n Ford Ecosport gery, sou nie met 'n gewone, plat motor dit doen nie."
"The sky was overcast so no stars, but we will get back as soon as possible to enjoy SALT."
"Die plek is pragtig en met sy historiese geskiedenis, Sutherland kan absoluut 'n toeristebestemming word!"
"Lekker vir iemand wie van koue hou. Kan sterre kyk en darem paar goed om te doen. Lekker rustige klein dorpie."
"Sutherland is an underrated gem. The combination of fossils, SALT, stargazing tours, the beautiful landscape and an inactive volcano make it ideal as a destination for families with small children, provided they can stay up late enough for the stargazing tours. Don't make the mistake of going when the moon is full as this limits the stargazing available and rather go when the sky is dark. Stay at a self-catering place and make sure to take food as the local restaurants are not very good and even the OK in town is poorly stocked."
"Baie oulike dorpie vol vriendelike mense, plat op die aarde. Dit wat jy sien, is wat jy kry en meer. Doen jouself 'n guns en gaan loer. As jy stilte vir jou siel nodig het is dit die plek."
"Besoek aan Sutherland en omgewing 'n moet vir enige natuurliefhebber. Moenie uitstel nie!"
"Die stort is tans te klein vir selfs 'n gemiddelde geboude persoon. Daar is genoegsame spasie om dit maklik reg te maak."
"Sutherland is 'n geskiedkundige dorp met 'n baie ryk erfenis. 'n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar waarvan 'n besoek aan die sterrewag asook sterrekyk 'n moet is. Aanbieders doen regtig baie moeite om leke soos ons te vertel waarna ons kyk as ons na sterre kyk. Sutherland behoort op enige reisiger se doenlysie te wees."
"Die omgewing is vredevol en rustig. Nogal baie om te doen vir so klein plekkie. Planetarium. Onthou om die dag- en nagtoer te doen by die teleskoop. Die Blue Moon het baie lekker kos en is 'n baie knus restaurant. Vriendelike, hulpvaardige diens. Sal definitief weer gaan, vir langer."
"Daar is baie om te doen en sien in dié klein dorpie en dis die ideale bestemming as jy wil sterrekyk in die Karoo."
"Heerlike en rustige plek. Inwoners is so vriendelik en gasvry. 'n Plek om te geniet."
"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."
"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."
"Dit is 'n prag deel van ons land wat gerus meer besoek kan word - Nou met die goeie reën het dit die omgewing met vol damme en spruite gelaat. Baie vriendelike mense."