Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 422 reviews.
"Dorp was skoon en veilig. Die OK-winkelsentrum was 'n verrassing met als wat jy kon aan dink beskikbaar. Nie nodig om enige kruideniersware saam te neem nie."
"Baie spesiale plek om te beleef, maar nie vakansiedorp nie. As jy nog nie daar was nie, gaan kyk en beleef maar in die somer."
"Sutherland, vir ons, was 'n bestemming om sterre te kom kyk. Dit het daardie behoefte aangespreek."
"Pragtige dorpie. Mooi skoon, paaie is in goeie toestand. Lieflike berge en uitsigte!"
"Weens 'n hewige haelstorm kon ons nie die aand stargazing doen nie, maar het nietemin die omgewing en besienswaardighede geniet."
"Dit was 'n voorreg om Sutherland af te tick van ons bucket list. SALT was ongelooflik. Stargazing saam met Jurg was 'n goeie ervaring. Ek sal beide aanbeveel."
"Daar is nie veel anders om te doen as stêrre kyk en skaapvleis eet nie. Maar as dit is wat jy geniet is Sutherland vir jou. Dit is 'n belewenis gewees en sal defnitief dit aanbeveel om tenminste een keer te doen. In die somer was die dae warm maar nie ondraaglik nie en die aande heerlik koud"
"Pragtige ou huise met lieflike tuine. Weet nie hoe inwoners regkry om sulke welige tuine aan die gang te hou in droë klimaat nie. SALT was ongelooflik interessant. Hoogtepunt vir ons was besoek aan Jurg by Sterland. Honderde sterre bo jou kop, die stilte; sal dit nooit vergeet nie."
"From the drunken inhabitants walking the streets at all hours it seems it seems crass slurs are the anthem of the town."
"Sutherland was 'n aangename verrassing. Ons het al drie toere gedoen en dit was baie leersaam. Ons gaan beslis weer besoek wanneer dit sneeu."
"Dié kerk was 'n belewenis asook Tjol se gat. Ons sterrekyk is gepootjie deur bewolkte weer."
"Dit was op ons "bucket list" en ons het dit terdeë geniet. A.g.v. die afstand van Gauteng af sal ons nie weer Sutherland besoek nie, maar almal behoort een maal daar te draai."
"Sutherland is a little gem that not many know of, it is a small town with the friendliest people. The main attraction is stargazing and the Observatory, was what captured my 10 year old."
"Die pad na die sterrewag is nie op standaard nie. Die sterrewag self is baie onnet en word nie onderhou nie."