Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 422 resensies.
"Die ervaring by Jurg (sterrekyk) kan aanbeveel word. Net jammer a.g.v. van die Lockdown Level 4 kon ons nie die hele Sutherland-ervaring beleef nie (restaurante en kroeg)."
"Die stilte en natuurlike mooiheid is gepas vir 'n wegbreek. Die aandsterre is die mooiste wat ek dit nog ooit gesien het. Sal graag weer gaan kuier, maar wil die star gazing doen. Dit was ongelukkig toe a.g.v die Covid."
"Interesting little town. We were lucky and timed our visit perfectly for the snow. Sadly were not able to visit SALT due to Covid restrictions. Do book at restaurants beforehand if possible as they keep unusual hours."
"Sutherland is 'n klein en stil dorpie. Ongelukkig a.g.v. die inperkings kon ons nie SALT besoek nie. Ons het wel die planetarium besoek en het dit geniet. Ongelukkig het ons sterrekyk uitgereën. Verder was daar nie baie vir ons om te doen in Sutherland nie. Daar is wel wildsplase in die omgewing wat mens kan besoek as dit jou koppie tee is. Ons het die stilte en rustigheid geniet en die mense is baie vriendelik."
"Wonderlike plek om bietjie weg te breek en nader aan die natuur te kom. Rustige, dog besige dorpie, maar 'n wonderlike plek om te gaan kuier. Ons sal beslis weer gaan."
"The town itself is of little interest but very interesting if you are interested in the skies."
"Baie netjiese dorpie, sal definitief weer wil gaan. Eetplek (Boorgat) kan ons ten sterktste aanbeveel, diens, kos en atmosfeer fantasies!"
"Small, quaint town. Loved the planetarium which works even when the SAAO is closed. Great for one day, maybe two."
"There was no shop where one could even buy a sticker for their car. Would be great to have a tourist information centre in the town to tell you about sights and attractions within the town and in the surrounding region."
"Bespreek alles vooraf - veral met Covid. Ons het stargazing met Jurg gedoen. Die planetarium in die dorp besoek as ook SALT - alles hoe kwaliteit aktiwiteite. Heerlik geëet (Veral lamsdisse) by The Blue Moon en ook The White House Inn - kan dit aanbeveel!"
"Lig asseblief gaste in oor die "watershedding"-skedule. Dit het ons onverwags betrap."
"Hierdie was nou my 5de besoek aan Sutherland en ek hoop om binnekort weer te kom kuier. Die hoeveelheid sterre was mens hier kan sien is absoluut ongelooflik."
"Het sterrekyk baie geniet. Planetarium baie leersaam - Charlotte (personeellid) baie behulpsaam met inligting. SAAO besoek was ongelooflik interessant - beslis 'n moet. Sterland se inligting en sterrekyk was fantasties. Jurg se kennis en inligting wat hy met ons gedeel het, was interessant en prikkelend. NG Kerk besoek met Darius was baie interessant en leersaam. Ou Meul Restaurant se kos is heerlik."
"Sutherland het baie om te bied. Doen 'n toer by die sterrewag op die kop gedurende die dag. Besoek Oom Jurg, soos mens Sutherland vanaf Tjol se Gat inry, in die aand. Mede-reisegers wat ons by Blue Moon Restaurant ontmoet het was baie beïndruk met Oom Jurg se kennis en aanbieding. Ons vermoed ons het die kort strooitjie getrek met ons aanbieding by die sterrewag in die aand. Serpie, mussie en handskoene vir die winter nè!"
"Loved the small town of Sutherland. People was so friendly. I would highly suggest supper at Ou Meule. The food was beyond delicious. Best meal I have ever tasted. The food was served by special people. They made the evening super special. The OK food store was the biggest surprise. They stocked everything and anything. Well worth it. We went stargazing at Jurg's. What an awesome man with so much knowledge. Loved the stars. The only negative was the amount of people that was there. Sutherland will definitely see us again."
"Baie klein en oulike dorpie. Die sterre en die Sterre Observatorium is die hoogtepunte!"
"Die planetarium was 'n teleurstelling, ons het verwag om daar meer oor die sterre en die hemelruim te leer, maar helaas, daar was meer advertensies en onnodige inligting as enige inligting oor die hemelruim."
"Sutherland het soveel om te bied vir mense wat van die heelal meer wil weet en nog baie meer."