Geverifieerde Resensie
Karas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 203 resensies.
"Moenie die besondere omgewing en geskiedkundige geboue en Diaz se 1488-kruis mis nie."
"Luderitz is 'n baie mooi dorp maar mens moet jouself meer tyd gun om alles te kan ervaar."
"Vir reisigers is Keetmanshoop nie liefde met die eerste oogopslag nie, maar as jy 'n bietjie tyd neem om in die stad in te duik, sal jy verras wees oor die interessante en mooi plekke wat jy kan vind."
"Grunau is dalk klein maar die vriendelikheid van sy mense en die netheid van hierdie klein dorpie was 'n aangename verrassing."
"Ons het ons Namibiese reis afgeskop met Lüderitz via Oranjemund grens. Die beste besluit ooit. "
"Ietwat van hoofroete af na middel/noordelike gedeelte van Namibia. Indien egter 'n belang in geskiedenis het, is dit 'n gawe plek om te besoek."
"We only use Keetmanshoop as a stop-over, so don't know much about the town. "
"Ons was verbaas oor hoe 'n mooi dorpie hierdie is. En die mense was almal baie vriendelik met ons uitlanders. "
"Dit is die 4de keer in 2 maande wat ek daar oorgebly het, en ek sal elke keer weer daar oorbly. Skoon, netjies, rustig en baie gerieflik."
"Dankie vir die bestuur van Grunau Country Hotel wat Grunau 'n stop-en-oorslaap-dorpie gemaak het en nie meer 'n jaag-verby-dorpie nie. "
"Lüderitz is isolated but we enjoyed the friendly people and rich history of the area - it makes it worth the drive. Coastway's tour to Bogenfels was excellent. The boat trip to Halifax is also very nice and we saw a lot of marine life including dolphins, seals and penguins to name a few."
"Luderitz is vol van historiese geboue en gebeurtenisse - baie lekker om te verken en ontdek sou mens daarin belangstel. Peninsuala Self Drive was baie lekker met oesterplaas, grotte, Diaz-kruis, whale station, black ridge, sout panne, ens. Kolmanskop bitter nice met Afrikaanse gids wat staaltjies en stories gedeel het uit vanmelewe se dae. History Tour (te voet) met ongelooflike geboue maak mooiste foto's. Ek sal aanbeveel dat mens hierdie dinge vroeg oggend doen want rondom middag steek die wind op en kan soms erg wees. Barrels Pub (vir drink) en Portugese Fishermans (vir dinner) is 'n moet! "
"Moeite werd om die pragtige dorp weer te besoek. Twee dae is te min om alles te besigtig."
"Vriendelike mense en lekker om met die meeste mense daar, Afrikaans te praat! "