Geverifieerde Resensie
Karas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 203 resensies.
"Pragtige, skoon dorp met pragtige ou argitektoniese geboue en vriendelike mense. "
"Ryk geskiedenis en besienswaardighede. Die toeriste potensiaal is egter onderontwikkeld. Die museum kort 'n nuwe gesig. Meer borde met die verduidelikking van die geskiedenis, sowel as beter toiletgeriewe word vereis. "
"Dit was my eerste maal in Luderitz en omgewing. 'n Plekkie met 'n bekoring. Ek is jammer ons het nie bietjie langer gebly nie."
"Baie besienswaardighede. Die wind kan in die oggend bietjie sterk wees, maar bedaar in die middae."
"Lovely place with friendly people, but really odd eating establishments that close too early and sometimes just won't serve you if they're too busy."
"'n Moderne, koloniale Duitse dorpie in 'n maanlandskap is die beste manier om die plek te beskryf, maar daar is so baie om te doen en te sien. 'n Móét vir elke besoeker na Namibië!"
"Luderitz is nie 'n bestemming vir toeriste wat getroetel wil word nie. Maar vir diegene met 'n avontuurlus is dit voowaar 'n plek om te ontdek. Op ongewone plekke en ver paaie is dit voorwaar 'n fotograaf se speelplek. "
"Probeer om nie met sonsondergang in Mei-maand by Lüderitz aan te kom nie. Ons het dit gedoen en omdat ons die laaste paar kilometers dorp toe direk in die son in moes ry, was dit moeilik om op die pad te bly."
"Lekker plekkie om te gaan vakansie hou, weer was ook lekker vir die naweek wat ons daar was."
"Fabelagtig, maar baie arm. Hoop meer toeriste vind 'n tuiste daar sodat dorpie meer kan ontwikkel! Daar is soveel om aan te bied!"
"Die plek is nou wel klein, maar die tye van sommige toeriste aantreklikhede kan so bietjie heel dag oop bly. Nie van 15:00 -17:00 nie."