Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Orals rondgery (ook saam met veldwagter-wildrit) en teleurstellende verskeidenheid diere gesien."
"Baie lekker omdat dit naby is aan Pretoria en al die diere wat daar is."
"Dis baie naby Pretoria, so dis maklik om vinnig vir 'n naweek weg te breek. Ook heelwat wild gesien."
"Dit is die derde keer wat ons in Dinokeng oorbly en sal dit beslis weer doen. "
"Hierdie reservaat is ons gunstelingplek op die oomblik en sal keer op keer terugkom."
"Dinokeng Natuurreservaat was 'n aangename verrassing, met baie wild en vriendelike personeel met baie lodges om van te kies. Ons het ook die Arlington Brewery and Cidery besoek wat ook skoon en gerieflik net by die straat af van Sunset Bush Camp was, hulle het 'n speelarea vir die kinders, en die lekkerste kos."
"Unexpectedly beautiful, just half an hour from Pretoria. I shall go there again."
"Ons dink regtig dat daar bietjie ander roetes weer oopgestel moet word vir die self drive, veral nou na 'n reën-seisoen, al die normale paaie wat oopgestel was, was die wild onbesigtigbaar uit 'n normale voertuig a.g.v die lang gras. Ek verstaan ook dat sommige paaie nie meer geskik is vir normale voertuie en daarom kan daardie ook gemerk word vir die 4x4-roetes. Ons is besoek Dinokeng gereeld en verkies geen ander wegbreek vakansieplekke, maar voel net dat daar dalk 2 keer 'n jaar 'n roete veranderings kan plaasvind vir wildbesigting om almal 'n gelyke kans te kan gee om ons natuurbewaring te kan geniet. Ek wil ook versoek dat daar dalk n skoonmaaksessie van stapel gestuur kan word, ek het begrip dit verg man power en geld, daar is oneindig baie geroeste drade, pale, dromme ens wat rond lê, diere kan hul baie maklik beseer. Soos die zebra bul wat ons op een van ons vroegoggendroetes alleen huppelend gekry het wat vermoedelik sy voor been oopgesny het met iets daai been het al begin vrot. Ek verstaan ook dis natuur en ons moet nie inmeng, maar as die oorsaak mens verwant is dink ek moet ons ons plig doen en omsien dat ons diere nie beswyk aan ons doen en late nie. Dankie vir jul harde werk met ons bewaring van natuurlewe sien jul binne kort weer."
"Die brul van leeus, die lag van hiënas en roep van 'n jakkals vul mens met 'n oer-verlange. "
"Baie lekker wegbreek naweek en naby Pretoria, maar as jy soontoe gaan om die Groot 5 te sien sal ek eerder die Krugerwildtuin aanbeveel. Die bedrag wat jy moet betaal om deur Dinokeng te ry is ook bietjie baie plus nog R40 per persoon. "
"Lekker naby vir 'n naweekwegbreek van die besige stad. Skoon, veilig en alles wat jy nodig het vir 'n rustige bosvakansie."
"If you are looking for a wildlife experience similar to the Kruger National Park then Dinokeng is not for you. The animals are scares and the landscape remains the same for most of the drive. The roads and map do not correspond and you can easily get lost the first few times that you go. The picnic sites are well maintained and worth a visit. I definitely recommend Dinokeng for a short break away from the city. "
"Die roete aanwysers binne die park op die 'self drive' roetes is nie baie gebruikers-vriendelik nie."
"There was a price difference on the conservation fee. The quote given to us said R30 per adult and R20 per child. Upon exiting, Dinokeng's rates were R40 per adult and R25 per child. "
"Dis 'n bosveld ervaring wat geniet kan word saam met die diere en omgewing en dis nie so ver nie."
"Dinokeng is fantasties. Skoon en baie om te doen. En die belangrikste van alles dis baie baie veilig."