Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Pragtige diere waarvoor jy nie hoef te gaan soek nie. Hier het ek meer diere gesien as wat ek al ooit in die Krugerpark gesien het."
"The reserve is a beautiful place. I wish guests staying over could be given a special pass because we asked to pay R80 when we went to the shops and told that we have to pay the same amount the following day. My partner negotiated with them and we were given a letter to produce the following day."
"Dinokeng is 'n pragtige reservaat wat nie die blootstelling daar buite kry wat dit eintlik verdien nie. Maar dan, dis 'n juweel van 'n plek wat jy nie met iemand wil deel nie (tong in die kies en met 'n oog-knip)."
"Ons was die Sondag in Dinokeng en het 'n selfrypas bekom teen 'n baie billike prys. Ons het baie wild te sien gekry, selfs die leeus. Die kaart is verstaanbaar en die paadjies mooi genommer en uitgewys. Daar is 'n paar plekke waar ons bietjie verdwaal het omdat 'n padaanwyser gedraai was, maar ons het gou weer ons pad gevind by die volgende padaanwyser."
"Ons het nie Dinokeng as toeristebestemming gebruik nie. Sal dit graag volgende keer wil doen. Slegs oornag-akkommodasie."
"Dinokeng is letterlik op ons voorstoep! Dis nie nodig om 5 ure Wildtuin toe te ry om die bos-gevoel te kry nie. Ons geniet Dinokeng en gaan gereeld, al is dit net vir die dag."
"In die 3 dae wat ons baie rondgery het op die "self-drive" roetes het ons geen teken van die sogenaamde Groot 5 gesien nie. Die boksoorte, sebras en kameelperde is redelik volop."
"Lekker naby die stad. Wilsritte se pryse verskil vanaf R180 pp tot R300 pp. Bespreek vroegtydig."
"Vra rond om uit te vind waar die beste wild is want die is baie skaars in Dinokeng. In drie dae van baie rondry (Julie) het ons net bokke en 'n paar kameelperde gesien. Baie min voëls, feitlik geen klein soogdiere nie. Maar andersins is dit baie rustig en 'n lekker, maklik bereikbare wegbreek naby Pretoria en Johannesburg."
"Ons het heelwat boksoorte gesien. Ongelukkig net die spore van die olifante, maar was nie so gelukkig om renosters of enige van die katte in die Groot Vyf te sien nie."
"Dinokeng is an amazing reserve with a lot of potential! We look forward to visiting again."
"Onthou die park conservation fee en self drive fees as jy in die park wil ry by jou self."