Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Dinokeng was glad nie wat ons verwag het nie. Hoewel die padkaart se dis vir sedan-voertuie het ons kar maar swaar gekry met al die klippe. Ons moes 'n paar keer omdraai oor ons dit nie kon maak oor die klippe nie. Maar ons het darem so bietjie wild gesien en dit tog geniet. Maar aandag moet aan die pad gegee word as hulle sê dis vir sedan-voertuie. "
"Baie lekker dat mens self daar mag rond ry, net jammer mens mag nie orals ry nie."
"Ons was ongelukkig nie lank genoeg om daar rond te snuffel nie. Daar is beslis genoeg plekke om te gaan besigtig en genoeg eetplekke wat sal sorg dat jy nie self hoef kos te maak nie. Ek sal beslis teruggaan vir 'n langer besoek."
"Die Lodge pryse het ten minste in die laaste paar maande met 30% gestyg. Een lodge tot verdriedubbel. Kom soms voor asof die diere in sekere gebiede gehou word. Sien nie meer baie aan die ooste kant nie. Andersins 'n juweel wat bietjie slypwerk nodig het. "
"Ek dink Dinokeng is great. En die lodges doen almal baie moeite. Tans is die veld baie droog, so al die diere lyk nie op top vorm nie. En veldbrande is 'n groot gevaar. Maar ek dink sodra die eerste reën weer val, sal alles tot lewe spring. Ons het baie lekker rond gery en die kinders het dit baie geniet."
"Dis 'n pragtige plek met die vriendelikste mense. Naby die stad so glad nie ure se ry om die Big 5 te sien nie."
"We were disappointed not to see any of the Big Five, but I guess that is how it goes in a game reserve. Other than that, the staff at the gates are friendly and welcoming and we did enjoy our stay."
"Die aanwysings is duidelik en die grondpad is rybaar met 'n gewone voertuig. "
"Ons was aangenaam verras oor hoe maklik dit vir ons as Pretorianers bereikbaar is. Ons sal beslis weer soontoe gaan."
"Bosveld naby aan die PWV en bosgevoel daar, maar die musiek gedurende die nag vanaf Hammanskraal 'n bietjie steurend en die digtheid van die ou plotte bietjie hoog wat verkeer in die park nogal gevaarlik maak, veral naby Arlington."
"Ons was wel 'n Saterdag en Sondag in Dinokeng, maar dink daar is meer lewe op 'n Sondag. Saterdae is dit baie stil maar dit is ook wat 'n mens nodig het om weg te breek van die stadslewe. Dié myndorpie sal altyd 'n baie interessante plek wees om te besoek. "
"Diere vreeslik gesond, maar groot areas is leeg. Van die grootste bokke per spesie gesien. "
"Wens daar was meer Groot 5 in die area - kanse skraal om hul te sien. Maar dit bly pragtige bos."
"Nice that it is easily accessible from Johannesburg. Nice countryside for drives. Not an abundance of game."