Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Dinokeng is amazing. Ons sou waardeer om meer diere te sien, maar verstaan ook dat dit 'n 50/50 is aangesien ons nie die R250 betaal het vir die self ry toer nie."
"Die bos naby die stad. Goeie geleentheid om nie ver te ry nie vir 'n ervaring wat jy nooit sal vergeet nie. "
"Kostes van die betaling per persoon saam met betaling om deur Dinokeng baie hoog veral as jy baie persone is, teenoor Kruger Wildtuin."
"Aangesien Dinokeng baie kampterreine het, is dit 'n wonderlike bestemming."
"Cars must drive slower and be on look out for animals roaming around. To many trucks and busses driving very reckless."
"Dinokeng het baie potensiaal, maar die diere is baie skaars. Ons het nie een lid van die Groot 5 waargeneem in die drie dae wat ons daar was nie en baie gedeeltes is afgeperk waar ons toe nou ook hoor meeste van die diere is, maar ons mag nie daar ry nie. Vir die R310 wat ons betaal het sou ek bietjie meer wild wou sien want selfs die bokke was skaars. Die paaie is baie deurmekaar en die kaart baie onakkuraat wat verdwaal maklik maak. Dit is wel baie skoon en al die bokke en zebras wat ons gesien het lyk in 'n goeie gesonde toestand. "
"Alhoewel hulle die Groot 5 adverteer, was daar niks in sig nie. Ook geen van die ander gaste waarmee ons gepraat het, het enige van die Groot 5 gesien nie."
"Lekker naby aan Pretoria, goed versorgde reservaat met volop diere om te sien."
"Bietjie teleurgesteld oor die Groot 5, het net renosters gesien. Van die ander diere was daar genoeg om van te besigtig. "
"Ek sou aanbeveel dat voornemende gaste 'n skietlamp inpak sodat diere ook in die aand besigtig kan word."
"'n Moet vir almal in Gauteng om soontoe te gaan. Onthou ekstra geld vir ingang by Dinokeng-hek as julle gaan rondry en diere kyk. "
"Ons het dit baie geniet. Net baie min diere gesien, maar daar was 'n erge hittegolf wat dalk die diere kon laat wegkruip. "
"Proximity to Johannesburg is a plus, together with availability of pleasant restaurants at the lodges in the vicinity. No malaria!"
"Dinokeng is 'n lieflike plek! Die wild word mooi na gekyk en die mense daar is iets besonders."