Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1300 resensies.
"Were told not to walk to and from casino at night as you can be robbed of your phone. So a bit unsafe outside the building."
"Was aangenaam verras oor Pretoria. Was daar vir kinders se sport, maar sou nog langer wou bly om beter te verken."
"Fantastiese restaurante veral by The Village en as jy honde het gaan stap gerus by die Jan-Smuts Huis in Irene."
"As die gastehuis reg bestuur word, sal dit puik wees a.g.v. ligging. Dis stapafstand van Loftus."
"Was aangenaam verras met hoe veiligheid en sekuriteit hoog op prys gestel word. Het Pretoria beter beleef as 5 jaar gelede. Vriendelike behulpsame mense orals oor die stad. Julle doen vir seker julle beste om te bou en nie te breek nie."
"Nie oral veilig nie. Strate en sypaadjies is onversorg en onnet. Heelwat paaie het slaggate. Mens verloor jou lus om te kuier in die stad as alles so onversorg lyk."
"Dit sal regtig afhang van waar in Pretoria jy tuisgaan. Daar is ongelukkig dele wat baie versigtig na gekyk word vir verblyf."
"Soos die res van Suid-Afrika is veiligheid en swak dienslewering 'n groot probleem."
"Ek kom vam die platteland af, is nie 'n stadsmens nie, maar kom gereeld hier. Net te besig vir my."