Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LeoZet Selfsorgwoonstel

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sakstraat 658, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

LeoZet Selfsorgwoonstel is geleë langs die eienaar se woning wat in 'n stil doodloopstraat in Wingate Park, Pretoria geleë is. Die gaste het gerieflike, netjiese en rustige verblyf en 'n pragtige tuin.

Die eenheid het 'n ruim slaapkamer wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed en lugversorging. 'n Kleedkamer met oorgenoeg kasspasie is tussen die slaapkamer en die en suite-badkamer geleë. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die sitkamer en vir 'n ekstra kind kan ons 'n matras en beddegoed bied. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met die volledige DStv-boeket en PVR asook gratis WiFi-internettoegang.

LeoZet Selfsorgwoonstel word deur sonkrag aangedryf en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Die eenheid het veilige parkeerplek beskikbaar vir 2 voertuie en 'n sleepwa agter hekke en elektriese heining. Die woonstel het 'n alarmstelsel wat aan 'n gewapende reaksie-eenheid gekoppel is.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kindermatras vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 161 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shirleen B
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi, skoon, gemaklik. Ons het vreeslik lekker gebly en sal vir seker weer by hulle oorslaap.
Feb 2025
Reinhardt V
5.0
Baie lekker. Atmosfeer voel of jy met vakansie is. Ek en my 2 ouers het 2 aande oorgeslaap. Die woonstel is baie ruim en baie mooi. Die tuin is pragti...
Sien meer
Feb 2025
Johan F
Gesin met tieners
5.0
Hierdie plekkie is 'n moet as jy na Pretoria se kant toe gaan. Ek het lank laas by so 'n mooi en netjiese oornag blyplek geslaap. Dit was regtig uitmu...
Sien meer
Jan 2025
Pieter D
5.0
Van die beste gehalte en baie professioneel. Die verblyf was van top gehalte gewees en die eienaar was baie vriendelik en gasvry, sal vir seker weer v...
Sien meer
Nov 2024
Tumie E
Saam met vriende
5.0
We loved our stay. We had a fantastic stay, cozy atmosphere. Beautiful garden, spotless unit. Everything was 110%. From service to comm...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 161

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sakstraat 658, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Gaste dink LeoZet Selfsorgwoonstel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sakstraat 658, Wingatepark, Pretoria, 0153, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsDn9nUHraaWMubswKRDrrcRxfdSWKHet2e9dRnfbAXSajXRub0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 161 5 1 5 658 Sak Street Wingatepark 0153 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.826158 28.265021

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang