Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 962 resensies.
"Wonderful, quiet little town with so much to do and see. Perfect for a weekend visit."
"Ons was nog altyd mal oor Parys. Ons het river rafting by Earth Adventures gedoen wat regtig lekker was. Het ook heerlik geëet by baie goeie restaurante. Ons het wel ervaar dat die hele karakter van Parys ongelukkig totaal verander het met letterlik honderde voertuie en trokke wat sonder ophou deur Parys se hoofstraat beweeg. Dit is regtig jammer, omdat 'n mens maar altyd Parys toe gaan vir die rustige atmosfeer en karakter eie aan die dorp. Nou is die verkeer presies soos Johannesburg in spitstyd, en dit verander die dorpie se hele gevoel waarvoor dit eintlik altyd bekend was."
"Twee fantastiese golf bane bymekaar. Elke moontlike eetplek is binne stapafstand."
"We were a bit surprised that most of the shops closed around 4 pm on a Saturday afternoon. However; most were open bright and early again on Sunday."
"Die dorpie het agteruit gegaan vandat ek laas daar was, maar hulle probeer moeite doen om na Covid te herstel."
"Heerlike dorpie vir net lekker rondloop in interessante winkeltjies. Die restaurante was heerlik."
"Parys kan 'n ongelooflike toeristebestemming wees mits die munisipaliteit ernstig aandag gee en moeite doen met die algehele netheid van die strate. Die hoofstraat vertoon vuil en paaie rondom die hoofstraat skep 'n baie slegte indruk. Dit is duidelik ook 'n teken van swak bestuur en infrastruktuur wat agteruit gaan. Die winkels is pragtig, heerlik om te drentel en na alles te kyk wat interessant is. Dit is 'n heerlike uitstappie om Parys te besoek. 'n Reuse-teleurstelling was die Spur se kwaliteit van diens en kos. Beslis die swakste Spur wat ek al besoek het! Meyer's Ranch Deli and Browse was absoluut puik! Netheid, diens, vriendelikheid, kos, manier hoe dit voorgesit is ─ alles by die deli was uit die boonste rakke."
"Oulike restaurante en winkels om te besoek. As iemand oudhede soek is Parys die plek."
"'n Pragtige dorp langs die Vaalrivier met goeie winkels om in al jou behoeftes te voorsien, en nog meer."
"It's super close to Johannesburg for a day trip out, but also nice to stay overnight to break away from the fast-paced lifestyle in Jozi. The town is riddled with potholes though and the municipal water is safe to drink, but has a strange taste. I recommend bringing bottled water for consumption."
"Baie lekker vir al die kuierplekkies en antiques, maar was verras met hoeveel oulike winkels toegemaak het."