Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 962 resensies.
"Ongelukkig het Covid skade aangerig en sekere winkels se kwaliteit het verswak of ander winkels het verdwyn! Dis so jammer - meer toeriste word benodig om die dorpie weer rooi te verf."
"Ons het die Perdeskou in die Afri Dome bygewoon. Daar was ook tyd om die pragtige Parys winkeltjies te verken. Daar is voorwaar genoeg restaurante om in enige behoefte te voorsien."
"Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ek vermoed Covid19 het bietjie 'n demper op die dorp geplaas. Van die restaurante is gesluit, wat bitter jammer is. Hoop hierdie sal ook gou verbygaan."
"Dit is 'n baie lekker plek om te besoek en bied verskeie aktiwiteite aan. Die winkels en restuarante is besonders. Parys is self ook baie mooi."
"Daar is baie om te sien en te doen in en om Parys. Al die klein winkeltjies en koffieplekke is n fees. Die mense is baie vriendelik en die dorp is netjies."
"Niemand was in Parys as hulle nie die Welkom Kafee se "Big Daddy Burger" geëet het nie en natuurlik met vars slaptjips!"
"Aangenaam verras. Vaalrivier is lekker en pragtig. Mense/eienaars van winkels en restaurante is baie vriendelik. O's restaurant, Hoi Poloi, Plum Tree, Candy Man, Ietsie Moois en Pine's antique's en meeste ander winkels was baie lekker om te besoek en goeie kwaliteit produkte. Het 'n heerlike naweek in Parys beleef. Die White River Rafting was ook baie lekker, smeer net genoeg sonroom anders brand jy blase!"