Geverifieerde Resensie
Paarl
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paarl bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 496 resensies.
"Paarl en sy omliggende gebiede het van die mooiste uitsigte en van die beste wynplase asook lekker dinge vir kinders om te doen."
"Mooi dorp met interessante besienswaardighede, lekker eetplekke in 'n pragtige omgewing."
"Pragtige omgewing, baie geskiedenis, kultuur en natuurskoon. Wonderlike vars produkte en goeie eetplekke. 'n Ware pêrel as bestemming!"
"Pragtige omgewing. Kon nie veel van die sakegebied sien nie. Miskien het ek dit misgery."
"Wonderlike dorpie en mal oor die plek, ons is van Pretoria en geniet altyd kuiertjies daar."
"I was born and raised in Paarl, and I will always go back. There are so many memories and cultural attachment. There are also so many things to do and see, that you cannot stay just for a weekend."
"Beautiful vineyards and mountains just down the Main Road. Historic monuments, National Parks and amazing hiking trails a couple of minutes away."
"Baie mooi deel van ons land. Wingerde, boomryke dorp en genoeg besighede om van te kies."
"Baie vreemd om sommer orals, tussen huise en besighede, wingerde en skape te sien! Wens ons het nog baie meer tyd daar gehad om al hulle interessante winkels en plekkies te kon ontdek. Sou ook graag meer in die omgewing wou rondry."
"Everything is extremely far and spaced out. You have to travel for miles to reach any shops or restaurants. You cannot move around on foot. A car is definitely needed and the Ubers are very scarce. One can hardly find one. Overall Paarl is a very beautiful place."