Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 576 resensies.
"Lekker gekuier. Hoewel die Groot Gat se tariewe bietjie aan die stywe kant is. Sal weer so maak."
"Middedorp vuil, oral plastiek en rommel. Toegangsfooie by Groot Gat baie duur, al die fasiliteite daar is deur De Beers geborg, so as RSA burger sal ons nie die duur fooie betaal nie."
"Kimberley is een van die oudste stede in Suid-Afrika. Dis 'n jammerte dat die plaaslike munisipaliteit nie goed na alle paaie kyk nie, maar die gasvryheid van die mense maak amper heeltemal op daarvoor. Dus is dit nog heeltemal die moeite werd om die paaie aan te durf."
"Ontsettend onsteld oor die toestand van die paaie, en die toestand van die begrafplaas. Absolute skok."
"Hulle kan gerus die slaggate in die strate reg maak, na die logde. Wil graag meer sien van Kimberley."
"Ons was net besig met 'n terugreis na vakansie, maar ek dink dit sou wonderlik gewees het om 'n paar dae daar te spandeer. Daar is so baie geskiedenis daar om te ervaar."
"Ons het dit slegs as deurgang roete gebruik. Maar die dorp is relatief skoon en netjies, en die paaie in goeie toestand!"
"Ek sal enige tyd weer Kimberley toe gaan. Dorp net verwaarloos en vuil, maar so baie om te sien."
"Die Groot Gat is 'n moet, loer gerus in by die museum en die ondergrondse gedeelte, vermy die "fliek" wat ook daar vertoon word aangesien die geskiedenis nie heeltemal akkuraat is nie."
"Ons eerste keer in Kimberley en het nie baie tyd daar spandeer nie. Sal wel weer 'n terugkeer maak om meer te besigtig, maar met die oorsig van die dorp is ons baie tevrede."