Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1940 resensies.
"Beslis 'n goeie rusplekkie. Pragtig instand gehou en vriendelike diens. Aanwysings met aankoms was ook 'n bietjie onduidelik."
"Lekker dorp en lekker mense, maar tensy dit nie vir besigheid is nie, dink ek 'n reisiger sal sukkel om die ure van hul dag vol te maak met besienswaardighede."
"Keimoes en omgewing is so unieke, mooi wêreld. Dis regtig asof jy in 'n ander wêreld is. Jy vergeet van die gejaagde lewe en selfs tyd. Dis regtig die moeite werd om hierdie kant van Suid-Afrika te besoek en dan natuurlik die Augrabiese Watervalle op jou reis in te werk. Die mense is so gaaf en vriendelik."
"Geweld in dorpe soos Vryburg en Kuruman neem toe en was aangeraai om eerder by Kathu-vulstasie voertuigbrandstof in te gooi."
"Kathu is 'n baie besige en vinnig-ontwikkelende dorp met 'n stadsatmosfeer. Mense is vriendelik en behulpsaam."
"Baie lekker dorp om te besoek en deur te reis. Was regtig 'n stop wat elke mens moet meemaak."
"Die dorp is redelik baie besig oor naweke met voetgangers. Moet maar versigtig bestuur."
"Beautiful and welcoming. Kind, friendly, and loving people in the surrounding. Seems to have little or no crime."
"Ek dink Kakamas is 'n oornag-bestemming, en die dorp is maar soos die meeste ander dorpe verwaarloos met rommel wat rondlê."
"Keimoes is baie lekker, maar as jy oor 'n naweek of op vakansiedae reis, maak maar seker jy het inkopies gedoen, die Spar maak vroeg toe en daar is net een vulstasiewinkel wat so paar basiese goedjies verkoop."