Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1940 resensies.
"Goeie, vriendelike mense. Baie mooi area met 'n ryk geskiedenis. Hope interessante plekke om te besigtig. Baie warm."
"Die pad wat na Augrabies en Rietkamer toe gaan, is in die aand nogal gevaarlik. Ons het een aand klippe in die pad gekry so mense moet net veilig ry of probeer om eerder net in die dag te ry. In die dag was daar nie probleme nie, maar die aand was nie lekker nie. Dit is ongelukkig net 'n bewys van waar ons as 'n land trek. "
"Ongelukkig het ons Sondagmiddag daar aangekom, en natuurlik was die winkels reeds toe. Sou graag op 'n weeksdag daar wou deurry om 'n meer ingeligte opinie te kan gee."
"Ek dink daar kan vanaf Keimoes se rigting 'n bord aangebring word wat die afdraai na die Augrabies Watervalle aandui (daar is wel een vanaf rigting Pofadder). Ons was een van 'n paar mense wat by die eerste plaasingang na die afdraai omgedraai het om terug te gaan vir die afdraai."
"Myntrokke langs snelweg by garage nes jy inkom is baie interessant. Kan op dit klim."
"The Moffat mission has not been maintained and many of the smaller roads are in bad condition."
"Trappe by die valle self was nie geskik vir ouer, kort mense nie. Hopeloos te hoog by party plekke."
"Myne besig om nader te trek, en die plek se bouer het gesê dis 'n sakeman van Natal wat gekoop het en wil omskep in klomp kamers opmekaar vir die myne se mense om daar te bly as hul kom vir werk ens."