Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Dinokeng is 'n pragtige wildtuin met interessante bestemmings en kuierplekkies, maar inligting en kaarte is nie maklik om te kry nie. Ek dink dit kan baie werksgeleenthede skep as die wildtuin in geheel beter bestuur en bemark word."
"Kan dalk net al die bottels en papiere wat mense so rond strooi optel. Mens betaal tog 'n bewarings fooi."
"Bietjie meer advies rondom ligging van verskillende wild spesies met die self drive."
"Het nie al die Groot Vyf gesien nie, maar vir die moontlikheid is die ligging van Dinokeng baie gunstig."
"Ry en gaan kyk die bos, dis baie mooi en die diere is hier by die motor. Volg die kaart en jy kan baie stop plekke kry vir 'n koue drinkding."
"Dinokeng het baie ontwikkelingsmoontlikhede. Dis 'n riem onder die hart om te weet daar is steeds mense wat die natuur wil bewaar. Dis net jammer van die openbare pad wat deurgaans verkeer deurlaat."
"Ongelooflike bestemming om wild te geniet en nog steeds naby die stad en lughawe te wees. Klomp restaurante in Dinokeng met variasie van lekker kos."
"Selfry-roete is by tye baie moeilik om te volg met nie al die paaie wat aangedui is nie, en die roete nommers dui nie orals aan wat die nr van die volgende baken is nie. Maar dit is ook lekker om net rond te ry as jy tyd het. "
"Ons het die bos en die wilde diere baie geniet, ons het die hele reservaat platgery en dit was wonderlik. Die kaart is moeilik om te verstaan, maar het meer sin begin maak soos wat ons die plek leer ken het. Toiletgeriewe is skraps. Dit is 'n heerlike bestemming, na aan Pretoria en ons sal beslis weer daar besoek aflê."
"Dis lekker naby geleë, dit het ons net 'n uur geneem van Johannesburg na ons bestemming. Al is dit net 'n paar kilometer noord van Pretoria, het dit 'n regte Bosveld gevoel. Dis 'n baie aangename vakansie oord."
"Daar is baie eetplekke en piekniek spots wat jy kan doen. Jy kan ook self ritte doen en diere kyk."
"Baie potensiaal maar inligting is nog ontoereikend."
"Ek besef die Groot 5 is skaars, maar dis so gerieflik dat dit 'n gereelde bestemming van ons word."
"Ek dink oor 5-10 jaar gaan dit enige park kompetisie gee. "
"Die dorpie self is netjies en gasvry. Sal graag weer op n geleentheid daar n naweek wil spandeer om alles te kan besigtig. "
"Het Saterdag na die Dinokengreservaat gery en dit was heerlik. Alhoewel Kohande en die reservaat in die bos is, is jy nie ure se ry van die huis af nie. Rus en vrede 'n klipgooi ver."
"Dinokeng is 'n mooi resevaat met baie wildediere om te sien. Arlington Brewery & Cidery is 'n geseligge kuierplek met die lekkerste kos!"
"Hoewel ons net 2 van die Groot 5 gesien het, was daar baie ander wild om te sien. Reik voëllewe."
"Ons is al daaroor om net deur Dinokeng te ry indien ons in die omtrek is en sien altyd diere!"