Geverifieerde Resensie
Wakkerstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Hierdie is 'n pragtige klein dorpie, met mense wat warm en hartlik is. Die mooiste winkeltjies en natuur reg rondom. Hierdie is regtig 'n ware geskiedenis dorpie met soveel om aan te bied. "
"Baie klein dorpie met minimum geriewe. Die kaaswinkel is elke dag oop maar meeste van die eetplekke is net sekere dae van die week oop wat dit moeilik maak as mens byvoorbeeld wil gaan koffie drink. Mens sal soontoe gaan as jy wil gaan voëlkyk maar daar is andersins niks om te doen in die dorp of omgewing nie."
"Music Festival well worth it. Wonderful shows and atmosphere in town. Town folk extremely friendly"
"Pragtige dorpie wat ons harte lankal gesteel het, daarom het ons oorgeslaap."
"Het daar aangekom op 'n Sondagmiddag en dan gaan daar niks aan nie. Kan nie eintlik die plek beoordeel nie. Maar dis baie rustig en stil daar."
"Wakkerstroom is geleë in 'n pragtige deel van die land, omring met berge en vleiland. Dit is veral baie geskik vir voëlkykers, maar ook natuurlik vir 'n vriendelike plattelandse ervaring. Die dorpie het 'n goeie hotel en n paar heerlike restaurante."
"Wakkerstroom is 'n pragtige klein plattelandse dorpie in een van die mooiste dele van ons land, Suid-Afrika!"
"Klein, een dag is genoeg om deur winkels te stap en as jy sou wou voëls kyk."
"Die dorp het baie agteruit gegaan, beeste, bokke en skape loop in strate rond, paaie in swak toestand mens voel nie veilig daar in die nag nie."
"Uniek! Een van sy soort, daar daal 'n rustigheid in jou siel as jy daar is."
"Wakkerstroom is 'n klein juweel op die platteland. Dit is geleë in 'n pragtige omgewing en ideaal vir die voëlliefhebber en 4X4 entoesias. Daar is besondere roetes rondom die dorpie met lieflike vleilande en roetes om te ry. Die dorpie self het goeie eetplekke waar ontbyt tot aandetes bedien word."
"Ons het geskiedkundige kontak met Wakkerstroom. Die gasvrou het aan ons baie goeie inligting kon gee."