Verified Reviews
Wakkerstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wakkerstroom
Rated 4.4 out of 5 based on 204 reviews.
"A beautiful country village situated in a verdant valley. Felt safe at all times when taking walks, visiting the Anglo-Boer war cemetery and tramping around the veld. A good choice of restaurants, coffee shops and pubs. Residents friendly. Plenty of bird life. A wonderful place to unwind."
"Apparently most of the town shops are only open over the weekends, there were a few restaurants open, but most shops were closed. But we didn't go for the shops. we went for birds and that was great. Boardwalks and paths well sign posted."
"Die tweede keer dat ons 'n Kersfees in Wakkerstroom spandeer ─ dit het ons goed gedoen."
"Dit is 'n ongelooflike dorpie met ongelooflike geskiedenis. So rustig en sal enige tyd weer gaan kuier."
"Dit is die mooiste dorpie met die vriendelikste en mees behulpsame mense. Ek wil veral die dame van die Inligtingsburo besonder bedank vir al die inligting wat sy agter ons aangery het. Mense dit is diens."
"As 'n entosiastiese voëlkyker is Wakkerstroom die perfekte toeristebestemming om jou voëllysie te verbreed en selfs beginners baie opgewonde te maak oor die stokpertjie. Die dorpie bied 'n heerlike verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede om die nuuskierigheid te prikkel. Die plaasatmosfeer is uniek en ontspanend. Ek sal dit aan enige persoon wat nog nie in Wakkerstroom was aanbeveel."
"Ek kon nie glo dat Wakkerstroom in 2010 en 2018 dorp van die jaar was nie, alles is vervalle, strate is vuil sjoe nee ek was regtig nie baie beïndruk nie. Daar was een winkeltjie waar die eienares regtig uit haar pad gegaan het, sy was behulpsaam, onselfsugtig en baie oulik. Die een algemene handelaar aan die onderpunt van die dorp was ook baie gaaf en vriendelik. Jammer oor die negatiewe kommentaar, ek wil dit nie eintlik eers instuur nie, ek bedryf self 'n gastehuis maar dit was ongelukkig my ervaring."
"Wakkerstroom is net die mooiste plek - stil en afgelëe met geen gebrek aan dinge om te doen en sien nie. Hierdie is definitief 'n 'moet terugkom'-bestemming."
"So ryk aan geskiedenis. Dorp is mooi skoon, ou geboue indrukwekkend. Gaan doen gerus die Historiese roete in die dorp. Vars plaasprodukte soos melk, kaas, eiers en vars brood is beskikbaar. Ek het my selfoon vergeet by die Village Bakery op die tafel, toe ons pasteie gaan eet het (heerlik!) Hulle het dit vir my gehou! Dankie! Die hele omgewing rondom Wakkerstroom is pragtig! Zaaihoekdam is indrukwekkend."
"Het in Wakkerstroom gewoon as kind en dit nou besoek as wegbreekbestemming. Beste dorpie ooit en sal weer kom."
"Plek is besig om mooi uit te brei en daar is baie geleenthede vir toekomstige besighede!"
"Mal oor die plattelandse atmosfeer. Kan die vleilande aanbeveel vir voëlkykers."