Verified Reviews
Victoria West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Victoria West
Rated 3.9 out of 5 based on 448 reviews.
"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."
"Aanwysings op die dorp kan verbeter word sodat reisigers presies weet waar om af te draai na die verskeie oornaggeriewe."
"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"
"Was laatmiddag toe ons daar aangekom het, maar die natuurskoonheid met die berge rondom was pragtig. Na 'n reis van die verre Noord-Kaap tot hier en die baie reën was die wêreld wonderlik om te aanskou. Sou baie graag meer wou sien, definitief volgende keer."
"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."
"Ongelukkig het die Mannetjies Roux Museum toegemaak maar die res van die dorp is nogsteeds 'n treffer."
"Oulike museum in die dorp! Lekker geëet by die Merino Restaurant. 'n Mens kan selfs 'n rondte gholf hier speel!"
"Die dorp het 'n ryk historiese erfenis met 'n hele aantal tipiese Karoo-huise wat ten alle koste bewaar moet word. Sedert ons vorige besoek in 2008 het die dorp ietwat agteruit gegaan en lyk van die ou geboue meer bouvallig. Wat het van die Teater geword en is die ou hotel nog in gebruik? Die St John the Evangelist kerk gaan agteruit en moet dringend aandag kry. Bewaar die argitektoniese erfenis en moenie toelaat dat die dorp verwaarloos word nie! "
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Merino Restaurant is 'n MOET vir aandete! Fantastiese kos en waarde vir jou geld, asook fantastiese vriendelike diens!"
"Gaan besoek gerus die Padstal - slaghuis net om die hoek van die Spar in die hoofstraat, vir heerlike biltong, droëwors en Karoo-skaapvleis, bedien deur aangename, vriendelike mense."