Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 525 resensies.
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Beautiful atmosphere and friendly people all around. Four Cousins Winery and Restaurant was just amazing. "
"Sal graag die dorp en omgewing beter wil leer ken. Hy is groter as wat ek gedink het."
"Buitewyke van Robertson en wynplase pragtig. Sal dit weer besoek. Robertson self - ek glo nie."
"Gaan besoek die Birds Paradise. Robertson en al die dorpies en wynplase bied so baie. Onmoontlik om verveeld te raak."
"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."
"Small town but lovely to visit. Boubourn Street and four cousins certainly exceed expectations."
"Pragtige omgewing binne bereik van allerlei toeriste aantreklikhede."
"Daar is so baie om te ontdek met vriendelike mense wat 'n mens ontvang en bedien."
"Lovely place. We took the kids to the nursery to play food, wasn't so great but they enjoyed the play area."
"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "