Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 525 resensies.
"Robertson se mense is vriendelik en alles wat nodig is, is beskikbaar. En moenie die Affie Plaas padstal vergeet nie."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Ons gunsteling Boland-dorp. Baie om te doen en die wynlande en wynplase is werklik beeldskoon ongeag die tyd van die jaar."
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"'n Pragtige plattelandse dorpie met 'n fantastiese bakkery (Louretta's) en slaghuis (Pinto's)."
"The wine route and surrounding activities are exceptional in this area, but Robertson itself is a bit of a sleepy hollow with minimal tourist attractions."
"Robertson bly een van die juwele van die Kaap. Ons kuier altyd heerlik in Robertson, ons kom altyd weer terug na die mooi omgewing."
"Robertson is a gem. The wines available in the area are fantastic, the town is adorable and wine tasting is free unlike most other regions in the Cape. Although it's further from Cape Town it's a lovely town to spend a weekend away. "
"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."