Verified Reviews
Philippolis
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Philippolis
Rated 4.1 out of 5 based on 195 reviews.
"Baie potensiaal, maar daar moet 'n gekonsentreerde poging kom. Ons kom daar as die vakansie net verby is. Van al die belewenisse is net een museum, 'n restaurant en 'n antiekwinkel oop. Die eienaars dink die groot druk en harde werk is verby en nou moet hulle rus. Phillippolis is nie eers 'n toerismebestemming nie, net oornag vir all die reisigers. Kan verander."
"Sal beslis weer hier oorbly. En sal graag langer wil oorbly om die omgewing beter te kan verken."
"Wat 'n cute dorpie, vriendelike mense, plat op die aarde. Oulike winkeltjies en lekker kos!"
"Mooi plek om te sien. Sal 'n naweek daar kan spandeer en genoeg hê om te doen."
"Die paaie is verwaarloos, maar daar was genoeg getuienis van 'n interessante dorpie op ons baie kort besoek."
"Dis so hartseer om te sien klein dorpies gaan agteruit. As gevolg van die elektrisiteitsprobleem, was daar geen krag, geen opvangs en geen petrol beskikbaar nie. Dit kan nogals 'n probleem wees."
"A small town of friendly folk, quaint houses and shops. The Yesterday Today and Tomorrow restaurant was great value and delicious burgers!"
"Dit lyk eintlik beter as die foto's. Baie netjies plek en het lekker geslaap."
"Interesting little town off the beaten track, worth a short visit if you are interested in history and/or enjoy browsing in quaint shops."
"Historical town in beautiful southern Free State environment. Worth a visit, especially for the history buffs."
"Was van geboorte tot na matriek in die dorp. Was toe aangename plek en het goeie ondersteuning van die gemeentskap gehad vir besigheid en dienste. Nou verwaarloos en die agteruitgang en verwaarlosing is hartverskeurend. Geen trots en samewerking meer by inwoners om die plek beskaafd en woonbaar te hou nie."
"Ek beveel enige reisiger aan om by Waterkloof te gaan bier proe by die mikro-brouery! Heerlik (en ek is nie 'n bierdrinker nie!)"
"The town has 75 % historic buildings. It was wonderful for me because I visited to find my family roots. "
"Easy access from N1 and not a difficult detour to reach Colesberg. Nice trip through the countryside."
"A wonderful hamlet. The town deserves to succeed as a centre of service excellence."
"Philippolis is die oudste bestaande nedersetting in Suid-Afrika. Daar is baie geskiedenis en die dorpie is taamlik mooi opgepas deur privaat eienaars. Die strate en dorp se infrastruktuur is maar soos al die ander klein dorpies in SA wat deur die huidige regerende party bestuur word - nie baie goed nie. Die Philippolis Hotel bedien heerlike etes en die hoofstraat het 'n paar interessante winkels om te besoek. Definitief die stop werd. Daar is ook heelwat oornagplek beskikbaar."