Verified Reviews
Philippolis
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Philippolis
Rated 4.1 out of 5 based on 195 reviews.
"Ek hou baie van Philippolis - dit is mooi, relatief netjiese dorpie met interessante argitektuur en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n detour of oornagstop."
"Ons het by die plaaslike hotel aandete geniet wat 'n fantastiese ervaring was. Vriendelike personeel en kos uit die boeke."
"Dit het ongelukkig gereën die aand en oggend wat ons in Philippolis was en kon nie die dorp verken nie. Dit is blykbaar 'n baie geskiedkundige plek en ons sal beslis weer daar wil tuisgaan om die dorp beter te leer ken."
"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."
"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."
"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "
"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."
"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "
"If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town."