Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Philippolis

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Philippolis bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 195 resensies.

Philippolis

Anker Guesthouse

"Die gemeenskap is vriendelik en baie behulpsaam. Daar moet net op die websites gesit word watter restaurant beskikbaar is. Veral as mens na 6 daar aankom, anders gaan jy honger slaap."

Philippolis

Kanon Guest House

"Aangename en geskiedkundige plekkie."

Philippolis

Anker Guesthouse

"Pragtige ou Karoo dorpie."

Philippolis

Kanon Guest House

"Dorp met baie geskiedenis."

Philippolis

Die Stal

"Ons sal graag weer wil teruggaan om hierdie netjiese, skoon dorpie beter te leer ken. Dit hou beslis die belofte in van 'n skatkis propvol geskiedenis, stories en dinge om te weet en te doen."

Philippolis

Die Groenhuis Guest House

"Take food just in case all eateries are closed. Local supermarket unexpectedly bountiful. "

Philippolis

Die Groenhuis Guest House

"'n Interessante dorpie met gawe inwoners."

Philippolis

Philippolis Hotel

"It could be nice if the rooms could have TV and WiFi."

Philippolis

Kanon Guest House

"Regtig 'n besondere Vrystaatse dorpie met besondere, vriendelike mense!"

Philippolis

Philippolis Hotel

"Baie oulike dorpie. Lekker daar gekuier."

Philippolis

Anker Guesthouse

"Karaktervolle Karoo-huise en Victoriaanse huise en historiese geboue. Antieke winkel was die middag gesluit en die geadverteerde kaggel en koek van een van die restaurante was non-existent. "

Philippolis

Die Stal

"Dit is 'n mooi klein dorpie en heel lekker om in oor te slaap oppad van die Kaap na Gauteng. Daar is egter nie eintlik 'n eetplek oop in die aand nie."

Philippolis

Die Groenhuis Guest House

"Have the most beautiful stars at night and sunset in the afternoons. "

Philippolis

Kanon Guest House

"Mooi klein dorpie."

Philippolis

Die Groenhuis Guest House

"Ek dink beslis dat iets gedoen kan word om daardie omgewing te ontwikkel of te bevorder. Lieflike mense en wêreld."

Philippolis

Anker Guesthouse

"Die mense op Phillippolis is vriendelik en gasvry en mens voel en is so veilig in hierdie dorpie. Al die geskiedkundige plekkies soos die museum, kerk, Laurens van der Post-museum en tuine maak dit interessant om te besoek. Die diens en etes by Sielskos en Bird Haven was onverbeterlik en kry ons komplimente. Ons het ook aangedoen by Oom Jan se Gastehuis en Restaurant en alhoewel dit heelwat duurder is, is Oom Richard Proctor-Simms iemand wat sorg vir ietsie lekker om te eet, en 'n mens verlaat die plek met heelwat meer kennis oor die dorpie en sy mense as voorheen. Die brouery net buite die dorp en talle ander plekkies maak dit die moeite werd om meer as een dag in Phillippolis deur te bring."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."

Philippolis

Kanon Guest House

"Stoepsit Restaurant is 'n moet as jy in Philippolis kuier. Heerlike kos, uitstekende en vriendelike diens en baie billike pryse."

Philippolis

Kanon Guest House

"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."

Philippolis

Die Stal

"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."

Philippolis

Kanon Guest House

"For overnight trip, it is a lovely quiet stopover."

Philippolis

Kanon Guest House

"Lieflike dorpie met baie vriendelike mense. Dis nie 'n plek vir lang verblyf nie, maar 'n lekker ontspanne plek vir 'n dag of twee. Dit voel behoorlik of mens terugstap in tyd."

Philippolis

Die Stal

"Dit spring nie uit as hoof aantreklikheid nie, maar spring verseker uit as 'n besonderse dorpie met 'n energie en 'n stilte wat betower."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"A must once in a lifetime experience. Stargazing paradise. "

Philippolis

Anker Guesthouse

"Ons het die saalperd streekskou baie geniet. Die dorpie is klein, maar ons kan alles wat ons nodig het in die dorp kry."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Plekke is nie 24-uur per dag oop nie. Die museums is nie oop op Sondae nie."

Philippolis

Kanon Guest House

"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."

Philippolis

Kanon Guest House

"Interessante en mooi dorpie!"

Philippolis

Kanon Guest House

"Persone kan gerus hul vakansie so beplan om meer as een nag /dag daar te spandeer. Daar is baie plekke vir die toeriste om te verken. Sal weer na Philippolis reis."

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 180
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang