Geverifieerde Resensie
Nieuwoudtville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieuwoudtville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 160 resensies.
"'n Regte plaasdorpie. Heel verras met al die interessanthede daar rond!"
"Daar is nie baie winkels of restaurante nie. Maar, die plaashuis het goeie geriewe om lekker te braai en self kos te maak. Baie mooi natuurskoon net so paar km buite die dorp. Ongelooflike prentjiemooi kerk."
"Nieuwoudtville is 'n pragtige rustige plattelandse dorpie met vriendelike mense en mens voel veilig daar. Daar is baie om te sien en te ervaar in die omgewing."
"Die NG Kerk daar is 'n indrukwekkende gebou wat beslis besoek moet word."
"Die Nedersetting is 'n baie groot bate vir die dorp. Groot geleenthede kan nou met swier daar aangebied word."
"Pragtige dorpie met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede in en om die dorp."
"Nieuwoudtville was fabulous for wild flower viewing, even in a mediocre flower year (early rains and hot, windy post-rain period). The quiver tree forest was interesting, Matjiesfontein farm had great flowers, and the town has some wonderful old sandstone buildings."
"Pragtige dorpie met blommetyd en baie vriendelike mense. Die blomme op Matjiesfontein was pragtig en die moeite werd om te sien."
"Nice old town, beautiful sand stone buildings, motorbike museum, waterfall, quiver tree forest, wind-pump display, and museum in Loeriesfontein. Matjiesfontein's farm flower self-drive tour is nearby."
"Pragtige, atmosferiese dorpie, mooi blomme en heerlike eetplekke."
"Pragtig in die bommetyd. Pryse oral billik en die kerk maak heerlike kos. "
"Wat 'n verrassing om by die NG Kerksaal in te loop en die predikant speel op 'n Ukelele. Die pannekoek en koffie word al vir 25 jaar verkoop in die saal. Die dorpie is ook pragtig skoon. "