Verified Reviews
Nieuwoudtville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieuwoudtville
Rated 4.6 out of 5 based on 160 reviews.
"Die dorp is baie afhanklik van die natuur, maar as Moeder Natuur saamspeel kan mens maar op Nieuwoudtville gaan kuier."
"'n Baie spesiale dorp met pragtige ou geboue en plase en die mooiste veldblomme."
"Een van die beste plekke om te besoek in die blommetyd, naby die berge en maklik om vir 'n dag see toe te ry. Stop dan sommer by 'n paar wynplase in die Vredendal-area."
"Baie oulike dorpie met interessante geskiedkundige agtergrond, baie besienswaardighede in die nabye omgewing."
"Mens lees nou agterna van al die dinge rondom Niewoudville wat dalk sou help as mens dit voor die tyd geweet het. Miskien wanneer mens die besprekings doen net ’n kort nota van besienswaardighede ."
"The main attraction was obviously the flowers in the flower season and astro photography being a dark sky area."
"The flowers were spectacular in town and along the roadside just outside town."
"Baie oulike dorpie met karakter en 'n paar lekker restaurante en padstalle."
"As jy wil wegbreek uit die stad en jouself weer wil vind sal ek dit hoogs aanbeveel."
"Na die streeksreën loop die pragtige waterval 'n paar kilometer buite die dorp. Dis 'n moet sien. Pragtige berglandskap in die omgewing en op pad na die Kokerwoud. Sien uit om die blommeskouspel te sien in Augustus/September."
"Die oorvloedige Maartblomme was vir ons 'n abolute fees. Dit was ook lekker om entrepreneurs te ontmoet wat in die stil tyd ook aanhou sake doen."