Verified Reviews
Nieuwoudtville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieuwoudtville
Rated 4.6 out of 5 based on 160 reviews.
"Die dorp is pragtig groen en oral is daar bewyse van 'n egte gemeenskap wat omgee vir die dorp en mekaar. Die mense is hartlik en net so mooi soos die natuur en die besonderse sandklip argitektuur. 'n Bonus was dat dit lamtyd was en dat daar oral vrolike lammetjies op groen gras saam met die ooie gewy het. Voorwaar 'n plek waar die siel kan asemhaal!"
"Aanbeveling: 'n kaart van die gebied (insluitend paaie, besienswaardighede en telefoonnommers) sou handig te pas gekom het, aangesien ons ook Loeriesfontein en Calvinia wou besoek."
"Nieuwoudtville self is nie toeriste-vriendelik nie, maar ry gerus na Loeriesfontein, Calvinia ens. Vat 'n paar grondpaaie. Stop en gesels."
"Old styled architecture, friendly residents, fresh clean air i.e. no traffic. Beautiful natural sights to see during the day & millions of stars at night. I might be biased because my mom is from here & we’ve been coming to visit family 1-2 times a year since birth but I love this little town. Come & see / experience for yourself."
"Baie mooi omgewing, daar was vanjaar geen blomme nie gegewe die droogte, maar die omliggende berge is pragtig en daar is heelwat besienswaardighede."
"Goed geleë om blomme te gaan kyk. Hierdie jaar was daar geen blomme in Namakwaland nie, maar in Nieuwoudtville-omgewing was daar plek-plek blomme."
"Daar is baie plekke om te besoek en baie te sien, nie net wanneer daar blomme is nie."
"Besoek alleenlik die plek as jy sekerheid het dat dit 'n goeie blomseisoen is of as jy wil wegbreek van die stadsgewoel."