Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 576 reviews.
"Dit was vir my 'n baie interessante dorpie. Die ontstaan van Kimberley se gat ens. Ek het dit so geniet."
"The big hole complex is an amazing place to visit. It is a world-class place, worth a visit whether you are a local or international visitor."
"Ons het net daar oornag, so kan nie regtig mening lug nie. Die bietjie wat ons gesien het, was belowend. Hele omgewing is grasgroen na die goeie reën."
"Behalwe vir die "Groot Gat" besoek is daar nie baie inligting beskikbaar oor ander attraksies nie. Die infrastruktuur van die dorp is besig om baie agteruit te gaan, wat nie aantreklik is vir toerisme nie."
"Ongelukkig is die dorp in verval. Dit is baie hartseer. McGregor museum was baie goed."
"Ek het nog altyd van Kimberley gehou. Die geskiedenis en die ou, historiese geboue en plekke trek my altyd. 'n Ryk geskiedenis."
"Kimberley would be nice if they invest in social amenities such as water parks, events, etc."
"Die Groot Gat en die museumdorp daarby aan die rand van Kimberley is 'n toeristiese trekpleister. Vroeër was die middestad van Kimberley dit ook, maar daar het van van die outydse, historiese atmosfeer maar bra min oorgebly. Net 'n paar ou geboue herinner aan Kimberley se ryk geskiedenis maar die meeste van die ou middestad lyk ongelukkig vuil en verwaarloos."
"Kimberley se mense is nederig, vriendelik, gasvry, ons het puik diens in kimberley gekry, in elke winkel was jy so hoflik gegroet. Hulle behandel jou met baie respek. Die groot gat was 'n ongelooflike ondervinding."
"Very good town for tourism. I'm even thinking of taking my family on vacation."
"Toeriste-informasietoer by Kimberley se Gat was baie goed. Leersaam en ook opwindend vir klein en groot. Waarde vir geld. Kimberley is 'n skat van ou huise wat pragtig gerestoureer is. Baie geskiedenis vervat en sigbaar in die dorp."