Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 576 reviews.
"Die Kimberley Gat was 'n groot belewenis. Net jammer die middestad is so verskriklik vuil. 'n Mens ry outomaties daardeur as jy na die Gat toe wil gaan. "
"Die Groot Gat en die geskiedenis daarvan is merkwaardig, asook dié van die Boereoorlog ens. "
"Gaan gerus na die groot gat toe en doen die volle toer. Definitief die moeite werd om te doen."
"Weens die hitte kon ons nie met ons eerste slaap die Groot Gat besoek nie, maar met die terugkom het ons gestop op Magersfontein-slagveld naby Richie op 'n 7 km-grondpad, maar dit was die moeite werd as jy belangstel in die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog of die Afrikaner Geen kaarte word aanvaar nie, neem kontant."
"Dit is ongelooflik warm in die somer, maar die Groot Gat-toer was baie interessant. Baie vriendelike mense."
"Die klimaat is uiters warm, so maak seker jy pak jou sonhoed in! Ek dink Kimberley is 'n interessante toeristebestemming, veral indien jy belangstel in die dorp se geskiedenis en daarvan hou om museums te besoek. Die dorp se mense is baie vriendelik en hulpvaardig."
"As oud-Kimberliet was ons aangenaam verras oor hoe baie Kimberley uitgebrei het en besonders verras oor hoe gerieflik naby aan alles Monument Hoogte en Royldene nou is!"
"Dit is 'n redelike stil woonbuurt en dit is ook netjies in vergelyking met sekere woonbuurte wat ons in Kimberley gesien is. Nice."
"Ons was verras met skoonheid van dorp en al die besienswaardighede wat so wonderlik in stand gehou word en teen werklik bekostigbare toegangsfooie. Sal beslis Mokala Wildskamp weer besoek, so baie diere in een dag, was net te goed om waar te wees."
"Ons eerste keer daar. Het die Groot Gat besoek en mense was vriendelik en behulpsaam."
"Kimberley het heelwat om te sien (baie geskiedkundig). Die hospitale en winkels maak dit ook baie gerieflik vir die plattelanders."
"Oor die algemeen was die mense vriendelik gewees. By die Groot Gat was die mense baie hulpvaardig en vriendelik gewees. Hulle is oop op naweke en vakansiedae. Die Tram rit was ook 'n groot aantrekking vir my jong kinders gewees. Sal weer teruggaan om die Koi-san tekeninge te gaan sien en ander besienswaardighede."
"Gerieflik naby aan die Groot Gat en redelik naby aan paaie wat na ander toeriste-besienswaardighede lei."