Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 576 resensies.
"Mooi dorp, baie vriendelike mense en interessante dele van SA se geskiedenis om van te leer."
"Dis so mooi en skoon plekkie om te rus na 'n dag moeg op die pad en die mense is so vriendelik."
"Pity the ground of the Kimberley Hole is neglected. Nice tourist attraction But not clean."
"Kimberley se gat was 'n groot verrassing - baie lekker! Die moeite werd om te besoek. Die dorp self is egter vuil - baie teleurstellend."
"Kimberley het my baie teleurgestel a.g.v onnetheid in dorp. Het soveel om aan te bied in sy geskiedenis."
"Kimberley is 'n besige dorp, nie skoon nie, dit lyk sommer vuil, die ou dorp by die gat is pragtig en het dit terdeë geniet, voel net die prys vir 'n toer by die gat is baie duur. Daar is 'n pragtige dam langs die N12 waar daar vreeslik baie flaminke op was, het probeer om 'n pad te kry wat na die dam toe gaan sodat ons die flaminke kan sien en bewonder maar het niks gekry nie."
"Mense wat belangstel in geskiedenis kan nie Kimberley misry nie. Die afstand vanaf Kimberley tot by Ladismith was net vir ons te lank. "
"Die paaie in Kimberley is baie sleg en vol slaggate. Dit was nie 'n plesier om heeltyd vir slaggate uit te kyk nie."
"Die moeite werd om Kimberley te besoek, veral McGregor Museum en die Oop Myn Museum. Ook die Humphreys Gallery."
"Enjoyed our stay. Unfortunately, wanted to walk on an advertised tour through the old city. We very advised and told not to walk around the area because elderly people were being attacked. Worth while seeing the big hole."
"Die Groot Gat is 'n moet! As jy hoegenaamd naby Kimberley verbyry of oorslaap, doen die moeite. "
"Die Groot gat en die William Humpfrey galery was uitstekend! Ons het dit ongelooflik baie geniet."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."