Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1940 reviews.
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."
"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"
"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."
"Het dit baie geniet. Hoewel dit redelik droog is, is daar steeds baie om te sien by die valle self en ook in die omgewing."
"Die omgewing is mooi in die somer, maar die dorpie self is nie 'n treffer nie. Miskien het ek te min tyd daar gespandeer."
"Ons het verneem dat Kuruman nie meer veilig soos 'n tipiese klein dorpie is nie. Dis baie jammer dat dit verander het."
"Augrabies is 'n fantastiese bestemming, en vir die natuurliefhebber is dit 'n moet!"
"Kuruman self het baie opknapping nodig. Die Moffat Museum is pragtig, atmosferies, en ongelooflik histories. Onlangs gerestoureer. Definitief die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n probleem van diefstal in Kuruman, so wees maar bewus van jou omgewing. Die nuwe Checkers Mall is aangenaam om te besoek."