Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1940 reviews.
"Daar is baie te sien in die omgewing en mens kan gerus Keimoes as jou basis kies om rond te ry na die verskillende besienswaardighede."
"As jy wil weghol uit die stad se besige strate is dit net die plek om heen te gaan."
"Het net oorgeslaap, dus nie tyd gehad om dorp te besoek nie."
"Dorp oor algemeen mooi. Baie druk verkeer in sentrale dorpsgebied op Vrydagmiddag."
" I think its excellent. However, temperatures can rise to above 44°C in summer - so take water and sunscreen! "
"Augrabies is definitely a tourist destination for the people who are nature lovers. "
"Die watervalle is asemrowend en die rotse het 'n eie bekoring. Die besigtingspaadjies is netjies en veilig en gee die geesdriftige fotograaf baie geleentheid om hom ten volle uit te leef. Om die dassies langs die paadjie van so naby te kon sien was 'n belewenis van sy eie. "
"Weereens mense baie vriendelik in straat, Flora Park is ook baie skoon."
"Ons dink maar aan Keimoes en Upington as een. Dit is 'n pragtige omgewing en daar is regtig baie om te sien en te ondervind in die omtes van die Garieprivier. Hoewel dit kokend warm is in die somer, was dit nog altyd lekker om daar te kom."
"The general area is very picturesque and Augrabies falls is well managed and a pleasure to visit."
"Ons is dol oor hierdie deel van ons land en sal aanhou terugkom! Of dit nou Augrabies, Kgalagadi of waar ook al is. Ons vakansie begin die oomblik as ons by die huis weg ry en ons geniet elke oomblik van ons reispad!"
"Keimoes is nou nie juis die toeriste-mekka van SA nie, maar indien mens van die dorre landskap, die vriendelike mense en die verre opelug hou, dan is dit wel 'n goeie plek. Ek kom al jare lank soontoe, en hou nog altyd van die plekkie."