Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 875 reviews.
"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"
"Ons gaan al die afgelope 12 jaar Dullstroom toe, ten minste 1 keer 'n jaar, so ons geniet dit baie. Dis net die laaste 4 jaar wat ons honde het so ons probeer altyd akkommodasie kry wat dierevriendelik is en ons is baie gelukkig dat Dullstroom so dierevriendelik is. Dis die beste klein dorpie naby Johannesburg."
"Love all the restaurants and activities in this small tourist town, Lovely place with beautiful surroundings."
"Die dorpie is skoon en netjies wat beslis 'n pluspunt is. Lyk egter of daar 'n probleem met skoon water is so ek sal aanbeveel om maar gebottelde water te gebruik om te drink."
"Lieflike dorpie met baie eetplekke. Dorp is skoon en winkels het 'n groot verskeidenheid items. Love die ligging en die dorpsmense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Dullstroom sal altyd baie spesiaal wees. Ek voel egter jammer vir die besighede wat erg getroef word deur beurtkrag. Ons hoop van harte dat Dullstroom altyd 'n idiliese wegbreekplek sal bly!"
"Die hele dorp is 'n toeriste-aantreklikheid! Baie lekker gekuier en baie doendinge! Heerlik gerus!"
"Harry's Pancakes needs some serious attention, service is slow and the ambiance in the restaurant was dull and empty - they used to be a tourist attraction - very disappointed."
"Die swak wifi is uit en uit 'n Dullstroom-probleem. Die sein in die hele dorp is swak. Ons was op 'n Maandag daar en klomp besighede was toe, wat bietjie teleurstellend was."
"Baie om te doen. Heerlike stemming. Fantastiese gholfbaan."
"Dullstroom word baie besoek deur verskeie mense. Ons neem deel aan die TRAC N4 Rally al vir die laaste 4 jaar en sal vir seker volgende jaar weer daar wees!"
"Ek dink die gastehuise moet bymekaar kom en probeer om die dorp se paaie te opgradeer. Alhoewel ons die dorp baie geniet en gereeld daar kom is dit of die paaie besig om agteruit te gaan en dit kan tot nadeel wees in die toekoms. Sekere gastehuise doen dit reeds soos in die geval van Big Oak Cottages en dit word baie waardeer, veral as dit reën soos die afgelope naweek."
"Dullstroom is 'n pragtige dorpie en heerlike bestemming om van die stadsgewoel weg te kom. Ek waarsku egter toekomstige besoekers om hul huiswerk deeglik te doen, alvorens hulle bespreek. Na die aanvanklike telerustelling, het ons 'n pragtige, skoon en smaakvolle plek gevind. PUIK waarde vir geld gewees."