Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 875 reviews.
"Dullstroom bly 'n ongelooflike en besondere dorp. Ek sal weer en weer daar my tyd spandeer."
"Bestudeer gerus die kaart van Dullstroom en omliggende areas. Daar is baie om te doen en 'n besonderse plek vir natuurliefhebbers."
"Dis 'n pragtige dorp en selfs ouer kinders geniet dit daar. Oulike, interessante winkels en pragtige natuurlike omgewing en net so lekker om die berg uit te klim. Dit is egter kommerwekkend uit 'n volhoubare omgewings- en toerisme oogpunt dat daar 'n informele handelaar is wat die pragtige bloekombome uitkap in die bo-dorp en mense hom ondersteun deur sy goedere te koop. Dit vernietig die natuurlike omgewing om al hierdie bome uit te kap wat waarde toevoeg in Dullstroom."
"Dullstroom is my gunsteling, klein dorpie in Suid-Afrika. 'n Sekere romantiek om die dorpie waaroor ons gek is."
"Fantastiese plek vir 'n vinnige wegbreek! Soveel om te sien en te doen!"
"Altyd 'n wenner in die opsig dat jy dit vir 'n gewone naweek kan benut vanaf Gauteng. Heelwat verskeidenheid in restaurante, winkels en aktiwiteite."
"Dullstroom is een van ons gunsteling wegbreekplekke. Mens kan baie doen en sien of sommer net 'n luilekker vakansie daar hou."
"Baie lekker restaurante. Ons het The mayfly, coachman's, the poacher en the waffleshop besoek. Al drie heerlik! The Bird of Pray rehabilitation Centre was stunning en hulle koffie winkel het lekker Jams en Jellies.."
"Ons is mal oor Dullstroom om vir naweke uit te span, maar sukkel steeds om die geskikte akkommodasie te kry, wat waarde vir geld is en wat in werklikheid is, soos dit op internet geadverteer word."
"Soos talle klein dorpies is die verval agter die hoofstraat hartseer, en kan mens maar net hoop dat dit nog ‘n toeriste-aantreklikheid in die toekoms sal bly."
"Die dorpswater kan nie gebruik word nie! Paaie is gemiddeld en die winkels en restaurante is tops!"
"Vir ‘n klein dorpie is daar baie om te doen met baie vriendelike mense!"
"Baie interessante dorp en geskiedkundige plekke om te besoek. Ook baie interessant is Birds of Prey met besoeke en vlieg-demonstrasie."
"We should rather have walked around more to see more, there is quite a bit to do. I would say 3 solid days would allow you to experience Dullstroom properly unless you are trout fishing or something like that. It felt like Cullinan on steroids, so it would be a preferred destination in future."