Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Die beskikbaarheid van Groot 5 is baie misleidend en die grondpad het DRINGEND 'n skraap nodig!"
"Die selfry permitte is effe duur wat 'n daguitstappie nogal duur kan maak, andersins is die geriewe en verblyf heel goed."
"Die diere in die reservaat is maar skaars, moenie die Kruger verwag as jy daar inry nie, maar die bos is mooi, glo met game drives sal meer gesien word."
"Dis baie gerieflik naby Pretoria vir vinnige wegbreek met genoeg wild om te besigtig."
"So naby Pretoria, maar wanneer jy by Dinokeng is kan jy afsluit van die stadslewe en weer een word met natuur."
"Dis 'n plek vir enige historikus wat nostalgie op die hart dra by ou plekkies van toeka se dae, vol karakter."
"Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!"
"Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer."
"Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek. "