Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 701 reviews.
"The place to be in flower time. Plenty to see and do. Will overnight again in Clanwilliam."
"Lewendige dorpie met heelwat fasiliteite en besienswaardighede in die omgewing. 'n Moet tydens die blomtyd."
"Ry uit na Wuppertal - dis 'n ongelooflike mooi omgewing en verseker die rit werd."
"Ons was in blommetyd daar, op 'n Saterdagoggend. Die dorp was besig met "locals" en besoekers. Daar was pragtige rieldans vertonings, kunsgalery met goeie gehalte kuns, mooi geskenkwinkeltjies, museum, pragtige ou geboue en restaurantjies. Dit is ook 'n goeie afpakplek om die omgewing rondom te verken as mens in een van die vele selfsorg gastehuise wil bly. Daar is 'n yslike mega-Spar op die dorp wat alles het wat mens moontlik kan nodig hê. Ons het die Biedouwvallei gaan verken van hier af - 'n gemaklike heen-en-terug dagbesoek. Vat gasstofie en piekniek saam en stop by een van die vele uitkykpunte in die Pakhuispas."
"Mense moet vroegtydig by restaurante bespreek vir aandete. Die goeie restaurante raak vinnig vol as daar baie toeriste is."
"Dam was full, we walked through an empty dam the previous time! Drought!"
"Lieflike landelike dorpie met goeie eetplekke en ’n verskeidenheid van inkopiebestemmings."
"Wanneer jy dorp inry, wees maar versigtig vir die slaggate, want dit was glad nie 'n plesier om deur die dorp te ry om dit so bietjie te verken nie."
"Die dorpie is altyd in chaos en definitief nie mooi nie, maar die omgewing is pragtig en die moeite werd om te besoek."
"The flowers are awesome but not really much to do in Clanwilliam other than exploring the area."
"We recommend Traveler's Rest not far from Clanwilliam, where bushman paintings can be seen and a farm stall and restaurant visited."
"Beautiful in August with all the flowers. Such a wonderful drive from Cape Town. Picturesque and great road."
"Hoogs aan te beveel vir iemand wat vinnig wil wegkom van die stad. Naby genoeg vir 'n naweek-wegbreek."
"Citrusdal self is gemiddeld maar dit is n goeie ligging vir die omgewing se Cederberg ondekking. As mens se fokus net stap is dan is Algeria ’n beter area om te bly."
"In blomtyd lyk dele van die veld en akkers asof dit met sneeu bedek is, soos die wit magriet blom! Ander is weer 'n see van oranje; en dan stap jy tussendeur en sien blou sporrie, felicia, lachenalia, gladiool wegkruiper speel."
"Die meerderheid van die mense met wie ons in aanraking gekom het was nie baie vriendelik nie - gedink by die groot padstal sal die mense meer toeristevriendelik en hulpvaardig wees, maar toe nie. Vredendal se mense is baie vriendeliker."