Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondawel Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondawel Guest Farm is 'n gastehuis wat deur die eienaar bestuur word en is op 'n werkende plaas geleë net duskant die N1 snelweg, 38 km vanaf Richmond in die Noord-Kaap. Dis ideaal vir 'n gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek of oornagplek, ver verwyder van die stad se rumoer.

Verblyf bestaan uit 4 rietdakrondawels, met slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Elke rondawel is smaakvol versier en het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-of aparte badkamer. Elke eenheid het waaiers, verwarmers, elektriese komberse, 'n yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe.

Heerlike etes en drankies kan teen ekstra koste gereël word en word in die losstaande rietdak-eetarea bedien. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg, en braaigeriewe kan vooraf gereël word. Gaste kan op warm dae in die sementdam baljaar en daar is 'n klimraam vir kinders.

Veilige parkeerplek word agter afstandbeheerde hekke voorsien. Vir die avontuurlustiges is daar ook bergfietsroetes en geleenthede vir voëlkyk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 271 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annemarie V
5.0
Pure lekker. Pragtige oornag plekkie langs die N1 waar mens net heerlik kan rus en ontspan. Die rondawels is pragtig toegerus en gemaklik. Ons het voo...
Sien meer
Feb 2025
Paula N
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous. The reservoir swimming pool is very welcome and the braai facilities are excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Le Roux B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige omgewing. Rondawel is werklik aan te bevelen. Rustige omgewing en wonderlike opsionele aandete.
Feb 2025
Anton V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvangs, ongelooflik lekker kos en netjiese onvergeetlike verblyf. Sien sterre.
Feb 2025
Carl L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Baie gerieflike ligging en puik verblyf.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tereza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 271

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rondawel Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac8b02c08f7512acf7ec6b6cbf50ddda0f024b82b42a63325bdc7054a8eff30d38b7b08cb7bccb08a568a39ef0b6f0d146ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 271 5 1 5 Rondawel Farm Richmond N.C 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -31.509027777778 23.615027777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang