Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Map

Verified Reviews

Marloth Park

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park

Rated 4.6 out of 5 based on 2111 reviews.

Marloth Park

Butterfly House

"Vriendelike mense. Winkels great. Selfs die Tin Shack restaurant was uitstaande met hulle diens en kos. Soos ons in Afrikaans sê: lekker man, lekker."

Marloth Park

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"I liked it so much, I put in an offer on a property."

Marloth Park

Peace of Marloth

"Marloth is and will always be the best place to go and relax."

Marloth Park

Kudu Lodge

"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."

Marloth Park

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Fantastiese plek om te besoek."

Marloth Park

Peace of Marloth

"'n Juweel vir ons land met baie potensiaal."

Marloth Park

McGregor Blue

"Baie ruim en woon-eenhede baie privaat en kan lekker ontspan sonder dat bure jou pla. Grondpaaie kan dalk aandag geniet."

Marloth Park

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Leuk om te wandelen langs de rivier."

Marloth Park

Kudu Lodge

"Ons boek elke keer by Marloth en dis fantasties."

Marloth Park

2694 Swartwitpens

"Baie droog en warm tans."

Marloth Park

3875 Eagle

"Sal dit aanbeveel vir enige een wat 'n stukkie van die bos se wow wil ervaar."

Marloth Park

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Asemrowend, 'n belewenis wat ek nooit sal vergeet nie."

Marloth Park

Big Tuskers Bush Camp

"Lieflike bosveld wegbreekplek."

Marloth Park

South Post at Kruger

"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "

Marloth Park

Majuli River House

"Die grondpaaie kort aandag!"

Marloth Park

Die Hartbeeshuisie

"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."

Marloth Park

Les 3 Marulas

"Puik! Ek het vriendelike diens gekry van die hek tot by die huis!"

Marloth Park

Live-A-Little

"Baie rustig tussen al die wild. Langs die wildtuin draad was baie te sien. Dankie."

Marloth Park

Die Hartbeeshuisie

"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "

Marloth Park

Elephant-House

"Die mense hier is altyd vriendelik en behulpsaam. Die diere is 'n bonus! Sal dit aanbeveel vir almal. "

Marloth Park

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "

Marloth Park

Wildsbokkie Holiday Home

"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."

Marloth Park

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."

Marloth Park

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "

Marloth Park

Serenity Du Bois Lodge

"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."

Marloth Park

Serenity Du Bois Lodge

"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"

Marloth Park

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."

Marloth Park

Die Hartbeeshuisie

"Baie lekker gebly, dankie Marloth Park vir 'n bekostigbare Groot 5 ervaring!"

Page
Page 68 - Showing 2011 to 2040

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers