Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2111 resensies.
"Vriendelike mense. Winkels great. Selfs die Tin Shack restaurant was uitstaande met hulle diens en kos. Soos ons in Afrikaans sê: lekker man, lekker."
"I liked it so much, I put in an offer on a property."
"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."
"Baie ruim en woon-eenhede baie privaat en kan lekker ontspan sonder dat bure jou pla. Grondpaaie kan dalk aandag geniet."
"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "
"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."
"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "
"Die mense hier is altyd vriendelik en behulpsaam. Die diere is 'n bonus! Sal dit aanbeveel vir almal. "
"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "
"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."
"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."
"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "
"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."
"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"
"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."