Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2111 resensies.
"As mens net rustig wil wees en weg van die geraas van die stad wil kom, dan is dit die plek om te wees."
"Sekuriteit by hekke kan gerus opgeskerp word, jy ry in en uit so sonder enige vrae."
"Marloth Park now includes a lot more shops, restaurants, takeaways, trinket shops and numerous security armed response companies. The Park is being developed, through the addition of numerous new holiday homes being built and it would be a pity if they overdevelop and add too many houses. The roads next to the river are a bit washed away and my Kombi struggled a bit, so a bakkie or 4X4 is recommended. The park is otherwise well managed and a no-nonsense attitude ensures that all visitors enjoy their stay."
"Marlothpark bied 'n rustige omgewing naby aan die natuur. Dit is ook nie heeltemal afgesonder nie en die supermark bied noodsaaklikhede as iets by die huis agtergebly het."
"Paaie is bietjie verspoel na die reën, so dis maar rof om te ry met gewone kar i.p.v. 'n 4x4."
"Marloth is soos 'n klein gemeenskap op sy eie! Dit was vreeslik lekker om ons tyd daar te spandeer. Die paaie van die natuurreservaat was ongelukkig verspoel so ons het geen toegang tot al die diere gehad nie, maar die bokkies wat by jou woonplek opdaag is net so lekker!"
"Dis regtig 'n bosvakansie as jy een soek. Ons het dit baie geniet. Dis kos vir jou siel."
"Grondpaadjies nie altyd geskik vir 'n gewone voertuig (sedan) om wild te kyk nie."
"Is mooi en lekker in Marlothpark, kort net nog meer entertainment vir mens om te kan doen. Vir oud en jonk."
"Toegangsroetes na verskillende huise kort dringende aandag. Winkel en ander geriewe baie goed. Sekuriteit goed."
"Die Bos reastaurant en die "Amazing Kruger View Restaurant" is werlik great. Ons het baie lekker daar gekuier!"
"Some roads are very bad to travel to arrive at your destination/house. Not everyone has 4x4 bakkies."
"Net die een dame by Field Security se kantoor was baie onbeskof toe ek die sleutel wou optel Donderdag 6 April. Verder is Marloth vir my die beste omgewing om te bly as 'n mens Crocodile Bridge wil gebruik."
"Alhoewel Marlothpark baie besig was en sommige van die grondpaaie sleg was vir 'n gewone motor was daar soveel om te sien en geniet. Seekoeistraat was begaanbaar vir my gewone motor en hier kon ek olifante en ander diere dophou wat water drink. Ek het heerlik geëet by die Marlothi restaurant wat se pryse baie billik was. Marloth is 'n pragtige plek en goeie waarde vir geld."