Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 2111 reviews.
"Marlothpark is 'n klomp huise in die bos, en dis omtrent dit, dis wel lekker naby die Krugerwildtuin, en kan jy maklik as dagbesoeker die wildtuin besoek."
"Marloth het sy waarde verloor met elke 30 meter 'n huis, ook was daar in die aand musiek die hele naweek en mens kon die bure hoor kuier, lag en party, as jy wil gaan vir 'n kuiernaweek great, as jy vir rustig in die bos gaan, mors jy jou tyd."
"Marlothpark is 'n lekker plek, maar het maar agteruitgegaan. Veiligheid het aansienlik 'n probleem geword, en dis bewys deur al die sekuriteit byeenkomstes. Daar is ook omtrent permanent 'n gebouery, wat geraas beteken en 'n oormaat van werkers."
"As jy bang is vir wilde diere, glo ek nie Marloth is die regte plek nie, daar is baie wild oral om jou. As jy 'n persoon is wat lief is vir die natuur en die natuur en diere respekteer — enige tyd. Marloth is in die bos, presies net dit, niks meer niks minder — perfek vir natuurliefhebbers."
"Indien jy iets vergeet het by die huis, het die winkels binne in Marloth als wat jy nodig het. Anders is die Spar in Komatiepoort puik!"
"Baie lekker kuierbestemming, maar die paaie is maar 'n uitdaging, veral as jy nie 'n hoë voertuig het nie."
"Marloth is 'n baie nice plek. Sal dit aanbeveel vir enige gesin wat wil wegkom en rustigheid soek."
"Dis nie 'n netjiese wildspark nie. Die paaie is nie goed nie. Daar is so baie bouers en verkeer in en uit. Dit skep nie 'n veilige omgewing nie. In die nag hoor jy verbygaande verkeer."
"Al die paaie is nie toeganklik nie, maar die omgewing en wild maak op daarvoor. Winkeltjie is bietjie duur, maar die onkostes maak sin."
"Marlothpark se ligging is baie goed en indien jy die wildtuin wil besoek, is Krokodilbrug 'n paar kilometer verder. Die diere in Marlothpark is ook mak genoeg sodat jy nie na enige van hulle moet soek nie."
"Ons geniet dit om Marloth toe te gaan, dit is naby genoeg aan die Wildtuin dat 'n mens 'n dagtrippie soontoe kan maak. Daar is egter ook genoeg om te doen, as mens nie na die Wildtuin gaan nie. Ons geniet die rustigheid en die diere wat tussen die huise rondbeweeg."
"Die enigste ding wat ons werklik gepla het was die geraas van 'n kragopwekker tydens "loadshedding". Ek meen, ons is in die bos en elke aand moes ons vir 2 ure daarna luister, veral toe ons buite om die vuur gesit het en so graag die stilte sou wou "hoor", en dit was elke aand terwyl ons daar was."
"Paaie is 'n bietjie rof. Maar Verder het ons en die kleinkinders die diere geniet."