Geverifieerde Resensie
Marina Martinique
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marina Martinique bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Dit is nie te duur vir die gehalte nie. Ek stuur my kinders ook nou vir hul honeymoon soontoe. Miskien jammer dat daar nie 'n ander roete daarna toe is nie. Sou beter gewees het as daar 'n roete langs die see was na Marina Martinique. As mens op vakansie is, wil jy nie verby plakkershutte ry na jou bestemming nie."
"Marina Martinique is really beautiful inside and well maintained and secure. The only reason I would not give it a 5 star is the settlements just outside Marina Martinique - it was a shock and concern to me when we arrived, riding through this area, even though we had nothing to be concerned about. This I think could make people uncomfortable coming to Marina Martinique. "
"Definitief 'n plek om te besoek. Baie sentraal en baie om te doen en te sien in die omgewing."
"Oulike plekkie met goeie ligging en veiligheid en komplekse is ten alle tye skoon en netjies. "
"Die omgewing en die kanaal is baie mooi. Permanente inwoners het ons selfs op 'n bootrit geneem op die kanaal en ons kon die mooi huise van 'n ander oog punt kon besigtig."
"Beautiful accommodation, lovely people, wonderful breakfast, stunning setting, would love to come back for a longer stay."
"Lieflike omgewing! Min winkels in die area, wat dit 'n baie rustige atmosfeer gee, maar tog nie te ver van die winkelsentrum dat dit ongerieflik was nie. Strande pragtig, en mense vriendelik. Baie goeie plek vir enige iemand om te gaan ontspan."
"Lieflike, veilige en rustige omgewing. Pragtige uitsigte en genoeg vir die kinders en grootmense om te doen."
"Die plek is puik. Vriendelike mense en great ontbyte. Beste gastehuis wat ek al gebly het. Hoogs aan te beveel."
"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."