Geverifieerde Resensie
Malelane
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Malelane bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 118 resensies.
"Gerieflik naby aan beide die Malalane- en Krododilbrug hekke na die Kruger Nasionale Park."
"The juice processing plant about 100 meters away was rather noisy at times. Malelane is OK but could do with a clean up."
"Klimaat is baie lekker en ligging ook goed geleë naby die Wildtuin. Swaziland, Mosambiek en Mbombela en ek sien hy brei baie uit."
"Ons was 'n hele paar jaar gelede in Malelane, wou daar gaan woon, maar blyplekke is ongelooflik duur en geen werksgeleenthede nie. Ons het dit beskou as 'n uitbytery. nietemin, die omgewing is pragtig en omdat dit naby die Kruger Wildtuin is verdien Malelane 'n pluspuntjie."
"Dis baie naby die hek Kruger Wildtuin toe en daarom baie gerieflik. Die suikerfabriek was luid en vragmotors het dag en nag gery. Ongelukkig is die winkels nogal vêr vir elke dag ry."
"Soos al die klein plattelandse plekke is die dorp maar 'n bietjie vuil. Ek moet sê daar is 'n lieflike SPAR indien jy iets by die huis vergeet het."
"Lacks quality restaurants only one or two options but a great venue for the Kruger National Park."
"Kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Ons was net vir een dag lank daar. Daar is wel heelwat dinge om te sien en te doen in die omgewing wat 'n besoek aan Malelane die moeite werd maak."