Geverifieerde Resensie
Herold's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Herold's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 118 resensies.
"Ons is natuurlik versot op Heroldsbaai na jare se verblyf in die karavaanpark. Hierdie was ter wille van 'n familie-byeenkoms en was dit 'n voorreg om weer die spesiale vibe op die strand te ervaar! Natuurskoon baie besonders."
"Wat 'n pragtige, weggesteekte juweel van 'n baai. Baie mooi dorpie en goed versorg. Ons land bied soveel. Duttons Cove is 'n heerlike restaurant met wonderlike kos, maar ons sou graag nog 'n opsie van 'n eetplek met 'n uitsig oor die see geniet het. "
"Heroldsbaai is 'n pragtige plek. Ons was daar buite seisoen en dit was heerlik stil. Ons het geen probleem met straatparkering gehad nie. Strand en hele dorpie is skoon en mooi onderhou."
"Desember vakansies is parkering in Heroldsbaai 'n groot probleem, maar die ligging is fantasties en maak op daarvoor."
"Die Beans & Basil winkel in Heroldsbaai is goed toegerus en die personeel vriendelik. Ek kan definitief die kerriemaalvleisvetkoeke en Hawaiian-pizza aanbeveel. Dutton's Cove restaurant in Heroldsbaai het pragtige uitsigte en heerlike kos. Die kaggel binne skep 'n gesellige atmosfeer. Ek kan definitief die waatlemoenmelkskommel, calamari en pavlova (lekkerste wat ek nog ooit gehad het) aanbeveel."
"'n Pragtige plekkie. Ondanks die feit dat die dorp groot en uitgebreid is, het jy in die onderdorp geen las daarvan nie. Wel goed om te weet dat jy vir groot inkopies doen in George moet wees."
"Fantastiese dorpie. Net jammer daar is heelwat bouwerk aan die gang. Lieflike see en strand. "
"Ek kan julle 11/10 gee vir die netheid van Heroldsbaai. Dankie dat julle vir ons 'n veilige vakansie bied. Dankie vir die Lewensredders wat altyd wakker en op hulle pos is. "
"Heroldsbaai is 'n baie lekker dorpie en die lekkerste strand. Naby baie om te doen."
"Behalwe dat dit bietjie moeilik is om heeltyd George toe te ry vir inkopies, was dit so mooi en rustig. Love die plek. "
"'n Fantastiese strand, maar ek kan dink dat dit oorvol is gedurende die seisoen. "
"Lieflike stil rustige strandjie (miskien die feit dat dit in die week was wat dit so lekker rustig en stil gemaak het). Die roomysstalletjies onder langs die see is 'n besoek werd. "