Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 399 reviews.
"Hazyview is 'n uitstekende dorp vir vakansie hou. Baie goed om te doen en natuurlik die Wildtuin. Genoeg winkels en restaurante en twee groot winkelsentrums."
"Die Checkers is amper op Woolies standard, baie goed gewees. Ek het my Venter sleepwa perongeluk oop vergeet, na 2 ure se inkopies was alles nog net so in die sleepwa, ons was verras (en dankbaar). My dogter het haar donkerbril in 'n winkel verlê en dit wraggies die volgende dag weer daar terug gekry. Uitstekend!"
"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"
"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."
"Aangename klimaat en sentraal geleë om al die besienswaardighede te besoek. "
"Baie mooi omgewing. Daar is ongelukkig baie slaggate in die pad vanaf Graskop en van die inwoners ry roekeloos. Daar word baie moeite gedoen om die tyd vir toeriste aangenaam te maak."
"Fantastiese plek en omgewing, wil weer 'n draai gaan maak om plek lekker te verken!"
"Vir oorsese besoekers wat net wil oorslaap sal dit die ideale bestemming wees aangesien die eenhede se dekor baie etnies is. "
"Is the place to be and the view of the Kruger National Park was nice and the environment is cool."
"Daar is so baie gesinsaktiwiteite in Hazyview. Dis Baie bekostigbaar om na al die watervalle te gaan kyk en meeste aktiwiteite is 'n kort rit. "
"Daar is wonderlike dinge om te doen in Hazyview, maar ongelukkig peperduur."
"Die Wild Thyme-restaurant se kos steek enige ander restaurant in Hazyview, Graskop, Sabie, ens. baie ver verby en die vriendelike diens van Paul af was ongelooflik goed. Ons het beslis nuwe vriende gemaak. "
"Sal dit vir avontuurlustiges aanbeveel. Bitter warm in die somer, maar pragtig."
"Hazyview serves as a basis for all the tourist attractions because it is very central located."